Ver­ha­le vol deer­nis, hu­mor

Beeld - - Boeke -

Kort­ver­ha­le

Per on­ge­luk Lloyd Zand­berg TA­FEL­BERG, R240

Die af­ge­lo­pe ruk het ek ’n paar van my guns­te­ling­kort­ver­haal­bun­dels her­be­soek: A­lex­an­der S­tra­chan se ’n Wê­reld son­der gren­se, Jeanne Goo­sen se ’n Ge­ly­ke kans en ook Na­ta­ni­ël se Zip!

Toe ek ge­vra word om Lloyd Zand­berg se de­buut­kort­ver­haal­bun­del te re­sen­seer, was ek maar skep­ties, ver­al ge­ge­we die e­nor­me mas wat die ar­me Zand­berg sou moes op­kom weens my on­op­set­li­ke on­lang­se bloot­stel­ling aan dié drie puik skry­wers. Maar, het ek ook ge­dink, dis dalk juis ’n goeie maat­staf. S­tra­chan se bun­del was óók ’n de­buut. Dié boor­ling van Wind­hoek sal dus maar moet uit­haal en wys . . .

Zand­berg se kort­ver­ha­le het al­mal ’n per­soon­li­ke strek­king en is in die wa­re sin van die woord eer­der a­nek­do­tes met ’n skeut ma­gie­se re­a­lis­me wat van tyd tot tyd kop uit­steek.

Die bun­del skop af met ’n hul­de­blyk aan Min­nie, die Zand­bergs se huis­wer­ker. Zand­berg skets hier ’n ko­mie­se ag­ter­grond met ek­sen­trie­ke ge­sins­le­de en bu­re, soos die buur­vrou wat die mees­te van die tyd soos ’n “de­pres­sed pa­pe­gaai” lyk.

In die ver­haal Tan­go ver­tel hy van Aun­ty Ash, wat be­sluit om “bal­l­room dan­cing” te leer doen. Weer is daar vreem­de ka­rak­ters soos Dic­ky, wat blind is na­dat hy “die su­perg­lue-hou­er met die oog­drup­pels ver­war het”. Die aan­loop tot Ash se groot dans­kom­pe­ti­sie speel af soos ’n pan­to­mi­me, met ver­skeie kri­sis­se en ver­spot­te oom­blik­ke.

In Voor ek ver­dwyn be­mees­ter die skry­wer die kuns van self­spot in hoe hy sy ge­wigs­pro­ble­me be­skryf. “Vir die groot­ste ge­deel­te van my be­staan was ek dik. Par­ty­keer net ou­lik . . . ander ke­re was ek groot ge­noeg vir ’n ge­bed of ’n re­a­li­ty show,” skryf Zand­berg.

Elk­een van die 17 ver­ha­le volg dié ver­tel­pa­troon: per­soon­li­ke er­va­rings wat in­ge­kleur word met ek­sen­trie­ke men­se en hu­mo­ris­tie­se si­tu­a­sies en be­skry­wings. In In­ko­pies, by­voor­beeld, word ’n roof­tog in Ma­kro oor­don­der deur die ma­ne­wa­les van ’n paar­tjie wat, on­be­wus van al die dra­ma, dans op die maat van ’n B­les B­rid­ge­s­lied.

Per on­ge­luk se skut­blad be­skryf die bun­del as ’n “skreeu­snaak­se ky­kie op al­le­daag­se si­tu­a­sies” – en dít is pre­sies wat Zand­berg ui­t­ein­de­lik met sy sket­se reg­kry.

Om Zand­berg te ver­ge­lyk met die skry­wers wat ek vroe­ër ge­noem het, sal eint­lik on­reg­ver­dig wees om­dat dié skry­wer nie pro­beer om ’n groot­se li­te­rê­re werk te skep nie. Hy is eer­der ’n sto­rie­ver­tel­ler met ’n ligte aan­slag, maar dit be­te­ken nie dat Per on­ge­luk sim­pel of lig in die broek is nie. ) Ri­aan Gro­bler is ’n vry­skut­re­sen­sent en re­dak­sie­lid van City Press.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.