Ver­han­de­ling op JSE ook skerp la­er

Beeld - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die waar­de van aan­de­le wat ver­han­del het op die JSE het se­dert die be­gin van die jaar met 16% ge­daal ver­ge­le­ke met die oor­een­stem­men­de tyd ver­le­de jaar.

Donna Nemer, di­rek­teur van ka­pi­taal­mark­te van die JSE, het ge­sê die aandelemark sien nou soos baie ander aan­de­le­mark­te ook la­er ak­ti­wi­teit ver­ge­le­ke met ver­le­de jaar.

Die ge­mid­del­de daag­lik­se ver­han­de­ling het ver­le­de jaar meer as R24 mil­jard be­loop. Van­jaar be­loop dit so­wat R20,4 mil­jard.

Boon­op het die JSE ver­le­de jaar ’n baie be­dry­wi­ge jaar ge­had en ’n we­sen­li­ke ver­ho­ging in die waar­de van aan­de­le wat ver­han­del het.

“Dit was in teen­stel­ling met die mees­te ander aan­de­le­mark­te ter wê­reld.”

Ver­le­de jaar se ver­han­de­ling is toe­ge­skryf aan ’n paar groot tran­sak­sies wat plaas­ge­vind het, soos die oor­na­me van SABMil­ler deur die in­ter­na­si­o­na­le bier­reus An­he­u­ser-Busch InBev (AB InBev).

“SABMil­ler was tra­di­si­o­neel vir tus­sen 1% tot 2% van daag­lik­se ver­han­de­ling ver­ant­woor­de­lik, maar ver­le­de jaar in ’n sta­di­um het sy daag­lik­se waar­de wat ver­han­del het 8% be­loop.”

Vrees min

Die A­me­ri­kaan­se VIX-in­deks, wat wis­sel­val­lig­heid op die aandelemark meet, is tans baie laag. Dit het vroeg in Mei ge­daal tot na­by aan sy laag­ste vlak nog, wat in De­sem­ber 1993 be­reik is, en is ver on­der sy lang­ter­myn-ge­mid­del­de.

Dit laat talle ont­le­ders kop­krap. Som­mi­ge doem­pro­fe­te waar­sku oor die moont­lik­heid van ’n skie­li­ke om­keer in so ’n mark om­dat baie aan­de­le­mark­te tans op ’n hoog­te­punt is.

Pe­ter Lin­ley, hoof van Old Mu­tu­al E­qui­ties, het ge­sê die ul­tra-lae VIX is ’n bron van ver­bys­te­ring vir baie.

Hy sê daar be­staan kom­mer oor die “on­heil­spel­len­de kalm­te”, maar mark­te be­reik steeds nu­we hoog­tes.

Mark­te op hoog­te­punt

Ook die JSE se in­deks van al­le aan­de­le het die af­ge­lo­pe week sy hoog­ste vlak in twee jaar be­reik.

Dit was die naas­hoog­ste vlak in die ge­skie­de­nis na­dat dit in A­pril 2015 op sy hoog­ste vlak ooit ge­sluit het op 55 188.

Die in­deks van al­le aan­de­le is van die be­gin van die jaar af tot nou so­wat 8% ho­ër, ter­wyl die in­deks van top-40 aan­de­le met meer as 9% op is.

Tot dus­ver van­jaar het die vo­lu­me van aan­de­le wat ver­han­del het met 6% ge­daal.

Nemer sê in 2016 het die ge­mid­del­de groot­te per tran­sak­sie ver­groot en gro­ter eer­der as klein tran­sak­sies het plaas­ge­vind.

Doug Bla­tch, In­ves­tec Ba­te­be­stuur se in­ter­na­si­o­na­le hoof van ver­han­de­ling, het ook ge­sê ver­han­de­lings­vo­lu­mes is in oor­een­stem­ming met in­ter­na­si­o­na­le ten­den­se la­er op die JSE as ge­volg van lae wis­sel­val­lig­heid.

“Suid-A­fri­ka is ook ge­raak deur die im­pak van die baie va­kan­sie­dae in A­pril en Mei.”

Hoe­wel vo­lu­mes en die waar­de wat ver­han­del het, ge­daal het, het die ge­tal tran­sak­sies ef­fens ver­hoog. Dit is so­wat 3% ho­ër.

Dit be­te­ken die ge­mid­del­de groot­te van tran­sak­sies het ge­krimp ver­ge­le­ke met ver­le­de jaar.

“Han­de­laars dryf han­del in klei­ner tran­sak­sies.”

Nemer sê te oor­deel aan die ak­ti­wi­teit in die mark wil dit voor­kom of be­leg­gers nie tans oor­tui­ging toon nie.

“Dis am­per as­of be­leg­gers op die kant­lyn wag om te sien wat gaan ge­beur. Daar is nie spe­ku­la­sie nie en nie­mand neem groot po­si­sies nie.”

Sy meen dit is om­dat daar tans in die wê­reld so­veel nuus is wat be­leg­gers moet ver­werk soos wat die uit­ein­de van B­rex­it gaan wees. Ook die eu­fo­rie oor Do­nald Trump se ver­kie­sing as A­me­ri­kaan­se p­re­si­dent en die ver­wag­tin­ge oor wat hy sou doen, het af­ge­neem.

Net se­ke­re aan­de­le hoog

D­wai­ne van Vuur­en, ’n na­vor­ser van Re­ces­si­onA­lert.com en Po­werS­tocks Re­se­arch, het op S­ha­re­net ge­sê die mark se breed­te – ’n maat­staf wat toon hoe­veel aan­de­le op die in­deks soos die JSE op- of af­be­weeg – is die af­ge­lo­pe tyd baie s­wak.

“Dit be­te­ken daar is net ’n hand­vol van groot aan­de­le wat die JSE op­hou.”

Vol­gens hom word in­ter­na­si­o­naal aan­vaar so ’n ver­skyn­sel is ’n te­ken van ’n mark se hoog­te­punt of ’n kor­rek­sie wat kom.

Foto: REU­TERS

Die JSE het ste­wig ge­styg van die be­gin van die jaar af, on­danks stil ver­han­de­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.