Nóg de­struk­tie­we be­las­tings kom om e­ko­no­mie te knou

Beeld - - Sake - E­ko­noom Da­wie Roodt

Die Da­vis-be­las­ting­kom­mis­sie (DBK), wat tot stand ge­bring is om die land se be­las­ting­stel­sel te on­der­soek en om aan­be­ve­lings te maak, het pas be­gin werk aan sy aan­be­ve­lings oor ryk­dom­be­las­tings.

Drie spe­si­fie­ke be­las­tings sal oor­weeg word, naam­lik ’n grond­be­las­ting, ’n na­si­o­na­le be­las­ting op ei­en­dom (bo en be­hal­we die ander be­las­tings wat reeds op ei­en­dom ge­hef word) en ’n jaar­lik­se ryk­dom­be­las­ting.

Vol­gens die DBK het SuidA­fri­ka reeds drie ryk­dom­be­las­tings: boe­del­be­las­ting, oor­drag­be­las­ting (he­re­reg­te) en ge­skenk­be­las­ting, ter­wyl ka­pi­taal­wins­be­las­ting nie as ’n ryk­dom- be­las­ting be­skou word nie. Tans is ryk­dom­be­las­ting se by­drae so­wat 1% van to­ta­le be­las­tings. Ter­loops, “ryk­dom­be­las­ting” en “ka­pi­taal­be­las­ting” is groot­liks die­self­de.

Daar is ’n baie groot ver­skil in be­las­tings op ka­pi­taal en be­las­tings op in­kom­ste. Die te­o­rie is dat die staat “deel” in die in­kom­ste van sy bur­gers om­dat die staat ’n om­ge­wing skep waar­in sy in­wo­ners ’n pro­duk­sie kan le­wer. Ver­der is in­kom­ste ook baie min­der sen­si­tief vir be­las­ting­koer­se as ka­pi­taal.

Deur in­kom­ste te be­las, word die vrug van ka­pi­taal (en arbeid) be­las, maar om ka­pi­taal te be­las, is soos om ’n boom se tak af te kap. ’n Boom sal el­ke jaar vrug­te dra on­ge­ag hoe­veel daar­van weg be­las word. Maar deur ’n boom se tak­ke af te kap, sal die boom se ver­moë om vrug­te te pro­du­seer be­ïn­vloed word.

“Ka­pi­taal” word as re­de vir Suid-A­fri­ka se on­ge­lyk­heid ge­sien en daar­om moet dit be­las word. Af­ge­sien van die ska­de wat dit aan die e­ko­no­mie sal aan­rig, word die werk­li­ke “bron” van ryk­dom heel­te­mal ge­ïg­no­reer – vaar­dig­he­de!

Dit is ook baie vreemd waar­om die DBK nie ka­pi­taal­wins­be­las­ting as ’n ryk­dom­be­las­ting be­skou nie. Ka­pi­taal­wins­be­las­ting word be­taal op die no­mi­na­le wins met die ver­koop van ’n ba­te.

Maar ons weet al­mal dat die rand oor tyd in waar­de daal oor in­fla­sie, wat be­te­ken dat die sty­ging in die pry­se van ba­tes ge­woon­lik ’n weer­spie­ë­ling is van die rand se ver­swak­king en nie nood­wen­dig dui op die sty­ging in die ba­te se waar­de nie.

Eint­lik is dit die Re­ser­we­bank wat in­fla­sie “ver­oor­saak” deur sy te los­se mo­ne­tê­re be­leid (te lae ren­te­koer­se). Dit lei tot in­fla­sie wat ba­te­pry­se laat toe­neem en ui­t­ein­de­lik lei tot ka­pi­taal­wins­be­las­ting.

Om hier­die re­de is be­las­ting op ka­pi­taal­wins myns in­siens ’n im­mo­re­le be­las­ting wat slegs van toe­pas­sing mag wees in­dien die effek van in­fla­sie in be­re­ke­ning ge­bring word.

Waar­om die DBK nie ka­pi­taal­wins­be­las­ting as ’n be­las­ting op ryk­dom sien nie, slaan my dronk.

Nie­te­min, dit lyk as­of ’n he­le spul nu­we be­las­tings oor­weeg word wat on­ge­twy­feld die be­las­ting­stel­sel ver­der sal kom­pli­seer en, be­lang­ri­ker, men­se al hoe meer sal aan­moe­dig om hul be­las­ting­sa­ke “ef­fek­tie­wer” te be­stuur. Dit verg e­ner­gie en tyd wat veel be­ter be­nut kon word om die e­ko­no­mie te laat groei.

Hoe dit ook al sy, nu­we be­las­tings is op die horison – en grond­be­las­ting pas goed in by die hui­di­ge po­li­tie­ke win­de, al is grond op sig­self lank­al nie meer die werk­li­ke bron van land­bou­ryk­dom nie. Son­der teg­no­lo­gie en baie spe­si­fie­ke vaar­dig­he­de is grond waar­de­loos. ’n Be­las­ting op grond sal een­vou­dig ons land­bou­pro­duk­sie na ’n ander land skuif.

Eien­doms­be­las­ting is reeds die be­lang­rik­ste in­kom­ste­bron van mu­ni­si­pa­li­tei­te; dit is ook ’n be­las­ting wat baie moei­lik ont­duik kan word. An­ders as baie ander vor­me van be­las­tings, is hier­die ’n ge­van­ge melk­koei wat vir se­ker in die toekoms ver­der mis­bruik sal word.

Maar dis die ryk­dom­be­las­ting wat die mees­te aan­dag gaan kry. Na­tuur­lik is nog geen aan­be­ve­lings ge­maak nie en, wie weet, dalk kom nie veel van e­ni­ge van die be­las­tings nie, maar om selfs net ’n ryk­dom­be­las­ting as moont­lik­heid te noem, be­hoort die ge­vaar­lig­te te laat flik­ker.

Baie ver­skil­len­de for­mu­les vir ’n ryk­dom­be­las­ting is moont­lik.

So by­voor­beeld kan ’n be­las­ting een­vou­dig om die net­to ba­te­waar­de van ’n in­di­vi­du ge­hef word. Hier­die be­las­ting is om ver­skeie re­des pro­ble­ma­ties en die be­las­ting­be­ta­ler se re­ak­sie sal af­hang van die kerf en koers van die be­las­ting. Wat wel se­ker is, is dat ’n al hoe gro­ter deel van ons ba­tes dees­dae in fi­nan­si­ë­le ba­tes be­lê is, wat dit al hoe moei­li­ker maak om te be­las.

Ver­der is ’n be­gin­sel van ’n “goeie” be­las­ting dat dit slegs op ge­re­a­li­seer­de in­kom­ste/wins ge­hef kan word. ’n Be­las­ting op ’n ba­lans­staat vol­doen dus nie aan hier­die be­gin­sel nie.

’n Ver­de­re be­las­ting­be­gin­sel word ook ge­ïg­no­reer, naam­lik dub­bel­be­las­ting. Die be­gin­sel is dat iets nie twee keer be­las word nie, maar deur ryk­dom, wat tot stand ge­kom het na­dat be­las­tings be­taal is te be­las, word in­kom­ste prak­ties twee keer be­las.

’n Be­ter be­las­ting­be­na­de­ring sal wees om ’n om­ge­wing te skep waar ar­mes ook die ge­leent­heid sal kry om ryk te word. Suid-A­fri­ka is ’n land wat te min ryk­dom het en deur ryk­dom of ka­pi­taal te be­las, gaan ons se­ker­lik nie ka­pi­taal­vor­ming aan­moe­dig nie.

Wat die land no­dig het, is ’n goed­ko­per en min­der in­ge­wik­kel­de be­las­ting­stel­sel wat dit aan­trek­lik maak om in die land te be­lê en om ka­pi­taal te vorm.

Daar is ’n ge­seg­de oor be­las­tings: “In­dien jy min­der van iets wil hê, be­las dit.” Dit geld ook ka­pi­taal. ) Da­wie Roodt is se hui­di­ge E­ko­noom van die Jaar en hoof­e­ko­noom van die Ef­fi­cient Groep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.