Bui­te­lan­ders ver­koop steeds

Beeld - - Sake -

Nog iets wat ge­sien word, is ’n voort­ge­set­te uit­vloei van geld uit die aandelemark van die bui­te­land.

Se­dert De­sem­ber 2015 het die JSE deur­gans ’n net­to­ver­ko­pe deur bui­te­lan­ders ge­sien. Dit be­te­ken meer aan­de­le word el­ke maand ver­koop as wat ge­koop word.

Ver­le­de Maan­dag het bui­te­land­se be­leg­gers tot dus­ver van­jaar reeds R55,4 mil­jard meer aan­de­le ver­koop as wat ge­koop is.

Nemer sê dit word in ’n ma­te teen­ge­werk om­dat die ef­fek­te­mark waar Suid­A­fri­ka se staats­ef­fek­te on­der meer ver­han­del, net­to­aan­ko­pe deur bui­te­land­se be­leg­gers sien.

Dit is ten spy­te van die af­gra­de­ring en “ui­ter­ste te­kens van stres” word nie ge­sien nie.

Vol­gens haar het die in­dek­se, die rand en ef­fek­te be­ter ver­toon as wat ver­wag is ná die af­gra­de­ring.

“Dit is moont­lik om­dat die waar­skyn­lik­heid van ’n af­gra­de­ring voor­spel is en die be­leg­gers het hulle daar­voor be­gin po­si­si­o­neer.”

Daar­teen­oor het be­leg­gers nie die ge­beur­te­nis in De­sem­ber 2015 ver­wag toe p­res. Ja­cob Zu­ma skie­lik die des­tyd­se mi­nis­ter van fi­nan­sies, Nhlanhla Ne­ne, af­ge­dank het nie.

Dit het ’n skerp re­ak­sie in die rand, die pry­se van ef­fek­te en ’n groot af­ver­koop van aan­de­le tot ge­volg ge­had.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.