Mu­siek­be­sig­heid steeds op ’n hoë noot

Som­mi­ge men­se dink dalk mu­siek is ’n luuk­se, maar vir die­ge­ne vir wie dit be­lang­rik is, soos die Heu­er­fa­mi­lie, is dit ’n nood­saak­lik­heid. G­len­neis K­riel loer by hulle in.

Beeld - - Sakenuus -

Wan­neer dit by die ver­koop, her­stel en stem van in­stru­men­te kom, is die on­der­ne­ming W. Heu­er oor die ja­re heen ge­ves­tig as een van Suid-A­fri­ka se lei­ers.

Die be­sig­heid het be­gin met Wolf­gang Heu­er wat aan die be­gin wyd oor die Kaap ge­reis het om men­se se kla­vie­re aan huis te stem en reg te maak. Sy vrou, No­ra, het hom on­der­steun, ge­help met die her­stel­werk en die be­sig­heid se boe­ke ge­doen.

Hans Heu­er, Wolf­gang se seun be­sit van­dag saam met sy broer, ook Wolf­gang, die be­sig­heid en ver­tel meer. W. Heu­er is be­gin deur jou pa, Wolf­gang Heu­er. Wat het hy voor dit ge­doen, en wat­ter soort mens was hy? My pa is in 1910 in Kiel, Duitsland, ge­bo­re. As jong­man het hy be­trok­ke ge­raak by die fa­mi­lie se kla­vier­be­sig­heid in Dort­mund, wat in die vroeë 1880’s deur sy oom be­gin is. Hy het hom be­kwaam as kla­vier­bou­mees­ter in die stem, her­stel en voor­be­rei van vleu­el­kla­vie­re vir kon­ser­te.

Sy loop­baan is on­der­breek deur die Twee­de Wê­reld­oor­log. Ná die oor­log was werk so skaars in Duitsland dat hy en my ma, No­ra, in 1953 na Suid-A­fri­ka gee­mi­greer het saam met my ou­er sus­ter, Trau­del, en broer, Wolf­gang ju­ni­or. ’n Vriend het vir hom werk ge­re­ël as werks­win­kel­voor­man by die des­tyd­se kla­vier­be­sig­heid R. M­ül­ler. My pa was pas­sie­vol oor al­le mu­siek­in­stru­men­te. Wan­neer en waar­om het hy be­sluit om sy eie mu­siek­be­sig­heid te be­gin? Ná twee jaar by die on­der­ne­ming Dar­ters het my pa na S­tel­len­bosch ge­trek en be­sluit om vir hom­self te werk. Hy het deur die plat­te­land ge­reis en kla­vie­re aan huis ge­stem en ge­diens.

Gro­ter her­stel­werk is huis toe ge­bring. My ma het die me­ga­nis­me­werk aan die kla­vie­re be­har­tig en my pa die af­ron­ding. La­ter het sy ook die be­sig­heid se boe­ke ge­doen.

Dit was ’n goeie tyd om be­trok­ke te raak in die be­dryf. Men­se kon kla­vie­re be­kos­tig. Daar was ’n goeie aan­vraag na mu­siek en mu­siek­in­stru­men­te. Daar was ook nie veel me­de­din­ging nie. Waar het jou pa die ka­pi­taal ge­kry om die be­sig­heid mee te be­gin? Aan die be­gin was sy oor­hoof­se kos­tes laag, aan­ge­sien hy van die huis af ge­werk en meest­al diens­te ver­rig het. Die di­na­mi­ka het eg­ter ver­an­der toe hy in 1956 be­sluit het om sy eer­ste Jehle- en R­ö­sler-kla­vie­re uit Wes-Duitsland in te voer. Hy het glo ’n le­ning, son­der e­ni­ge waar­bor­ge, van ’n S­tel­len­bos­se sa­ke­man be­kom. On­ge­luk­kig kan ek nie ont­hou wie die man was nie. En die res is ge­skie­de­nis. Hoe het die be­sig­heid oor die ja­re ver­an­der en ge­groei? Aan die be­gin het my pa van die huis af ge­werk, maar hy moes la­ter win­kel­spa­sie huur. Sy eer­ste win­kel in S­tel­len­bosch is met ’n was­se­ry ge­deel. Van daar het hy ge­skuif na die Ou Ro­zen­hof-ge­bou in Dorp­straat en la­ter het hy win­kel­spa­sie in die Goue Ak­ker in Kaap­stad ge­huur.

In 1972 het hy twee er­we op die hoek van Den­ne­sig- en Bi­rd­straat in S­tel­len­bosch ge­koop waar hy ge­droom het om sy eie Mu­sik­haus (mu­siek­huis) te bou. Die droom is be­waar­heid in Sep­tem­ber 1993, ses maan­de ná sy dood. Mu­sik­haus W. Heu­er is met ’n glans­ge­leent­heid ge­o­pen. Die dag ná die o­pe­ning het ons vyf kla­vie­re ver­koop. Ons het oor die ja­re ver­skeie ander win­kels ge­had. Die mu­siek­be­sig­heid het eg­ter weens die in­ter­net só ver­an­der dat die tak­ke la­ter nie meer ge­reg­ver­dig was nie. Hoe­kom is dit nie meer ge­reg­ver­dig nie? Die mees­te men­se doen dees­dae hul pro­duk­na­vor­sing en aan­ko­pe aanlyn, nes ons klan­te, wat dan S­tel­len­bosch toe kom om die kla- vie­re of ander in­stru­men­te uit te toets. Hoe het jul diens­te oor die ja­re uit­ge­brei? Aan die be­gin het ons ge­spe­si­a­li­seer in kla­vie­re, maar ons het oor tyd uit­ge­brei en ook ander mu­siek­in­stru­men­te en diens­te be­gin ver­skaf. Daar werk tans 20 men­se by die maat­skap­py. Tien van hulle is teg­ni­ci. Al­mal van hulle is in diens op­ge­lei. Waar­aan skryf jy die suk­ses van die be­sig­heid toe? Die be­sig­heid het be­gin groei van­weë my pa se kwa­li­fi­ka­sies, sy per­soon­lik­heid en die ge­hal­te van pro­duk­te wat teen be­kos­tig­ba­re pry­se aan­ge­bied kon word. Wat is jul plan­ne vir die toekoms? Voor die ein­de van die jaar sal daar ’n heel nu­we aanlyn tuis­te wees vir wat ons die mu­siek-e­ko­stel­sel noem. Hier­die ar­ti­kel is in die 1 Ju­nie­uit­ga­we van Fin­week wat van 26 Mei op die rak­ke is. Ook in hier­die uitgawe: ) Maak die Top40­in­deks reg vir ‘n bul­lo­pie? ) Vo­da­com se baas ge­sels oor Sa­fa­ri­com en #da­ta­must­fall.

Hans Heu­er, me­de­ei­e­naar van W. Heu­er, met sy tjel­lo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.