Dis amp­te­lik: SA het groot­ste mie­lie­oes nóg!

Beeld - - Sakenuus - Vi­da Booy­sen

Dit is nou amp­te­lik. Van­jaar se mie­lie­oes, wat reeds p­lek-p­lek ge­stroop word, is die groot­ste nóg vir Suid-A­fri­ka.

Die Na­si­o­na­le Oes­skat­tings­ko­mi­tee het in sy jong­ste ver­slag, wat gis­ter­mid­dag uit­ge­reik is, die groot­te van die hui­di­ge kom­mer­si­ë­le mie­lie­oes op 15,631 mil­joen ton ge­stel. Die re­kor­dop­brengs van 5,95 ton per hek­taar (ha) is ook die hoog­ste op­brengs tot nog toe.

Dit is 7,54% of 1,095 mil­joen ton meer as die vo­ri­ge skat­ting van 14,536 mil­joen ton ’n maand.

Dit is ook dub­bel so groot as die to­ta­le oes wat in die vo­ri­ge sei­soen ge­stroop is, toe die so­mer­graan­ge­bie­de nog on­der ’n er­ge droog­te ge­buk ge­gaan het.

Die vo­ri­ge re­kord was in 1981, toe 14,66 mil­joen ton in die si­lo’s be­land het.

“Die drie be­lang­rik­ste mie­lie­pro­du­se­ren­de ge­bie­de, naam­lik die Vry­staat, M­pu­ma­lan­ga en Noord­wes, gaan na ver­wag­ting 83% van die 2017-oes pro­du­seer,” lui­dens die Na­si­o­na­le Oes­skat­tings­ko­mi­tee se ver­kla­ring.

Mie­lie­boe­re in M­pu­ma­lan­ga het klaar ge­stroop, Vry­staat­se boe­re is be­sig om dit te doen, en boe­re in Noord­wes stroop in Ju­nie of Ju­lie, na ge­lang van wan­neer hulle ge­plant het.

Die skat­ting van die op­per­vlak­te on­der mie­lies is 2,629 mil­joen ha.

Die pro­duk­sie­skat­ting van wit­mie­lies is 9,467 mil­joen ton, wat 9,84% of 848 400 ton meer is as die 8,618 mil­joen ton van die vo­ri­ge skat­ting. Die op­brengs van wit­mie­lies is 5,76 t/ha.

In die ge­val van geel­mie­lies is die pro­duk­sie­skat­ting 6,164 mil­joen ton, wat 4,17% of 246 950 ton meer is as die 5,917 mil­joen ton van die vo­ri­ge skat­ting. Die op­brengs van geel­mie­lies is 6,25 t/ ha.

Be­staans­boe­re het ook van­jaar re­de om te glim­lag met ’n to­ta­le oes van 731 000 ton wat in die nie­kom­mer­si­ë­le sek­tor ver­wag word. Dit is 67,76% meer as die 435 740 ton van die vo­ri­ge sei­soen.

Die Oes­skat­tings­ko­mi­tee be­re­ken dat so­wat 366 650 ha se mie­lies in dié sek­tor ge­plant is.

“Dit is be­lang­rik om daar­op te let dat on­ge­veer 64% van die mie­lies wat in die nie­kom­mer­si­ë­le sek­tor ge­pro­du­seer word in die Oos-Kaap ge­plant word,” lui­dens die ver­kla­ring.

Die reu­se-oes kan ’n hup­stoot vir die land se e­ko­no­mie be­te­ken, wat ver­le­de jaar teen sy sta­dig­ste pas se­dert die re­ses­sie in 2009 ge­groei het.

Die In­ter­na­si­o­na­le Mo­ne­tê­re Fonds (IMF) het sy groei­voor­spel­ling vir 2017 reeds na 1% ver­hoog van die vo­ri­ge voor­spel­ling van 0,8% – danksy die ein­de van die droog­te, wat vol­gens die IMF land­bou­pro­duk­sie sal laat styg.

Foto: VI­DA BOOY­SEN

Die groot­ste mie­lie­oes tot nog toe in Suid­A­fri­ka is op han­de met ’n ver­wag­te 15,6 mil­joen ton wat in die si­lo’s sal be­land. Hier­die mie­lie­land is in die dis­trik Bot­ha­vil­le in die Vry­staat af­ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.