Gim­mies wen Potch se spogreg­te

Klop Vol­kies ge­mak­lik in der­by

Beeld - - Sport - Ray­ni­que Mey­er

Pot­chef­stroom Gim­na­si­um kan vir die vol­gen­de jaar pou­bors in dié stu­den­te­dorp rond­loop.

On­danks sy skop­per se vi­sier wat in die eer­ste helf­te uit­ge­stel was, het Gim­mies sy Clas­sic Clash-rug­by­wed­stryd teen die Ho­ër Volk­skool ge­mak­lik ge­wen. Gim­mies het dié stryd in die Vir­se­ker-be­ker se li­ga vir groot sko­le in die Lui­perds­streeks met 32-18 ge­wen.

Aan die be­gin van die wed­stryd het die be­soe­kers se los­ska­kel, E­drich Cron­jé, reeds ’n ge­leent­heid ge­had om sy span te laat voor­loop. Hy het eg­ter ’n straf­skop­po­ging skeef­ge­trek.

Kort daar­na het Vol­kies se Han­ru van Rooyen ge­wys hoe om ’n suk­ses­vol­le straf­doel aan te te­ken en die tuis­span het met 3-0 voor­ge­loop.

Gim­mies se S­te­phan Fou­rie het vin­nig die tel­ling vir sy span om­ge­swaai toe hy oor is vir sy drie.

Gim­mies se ag­ter­spe­lers het hulle goed van hul taak ge­kwyt toe hulle van goeie hard­loop­ly­ne en vaart ge­bruik ge­maak het om die tuis­span oor­hoops te laat. Die be­soe­kers se heel­ag­ter, Mar­co van den Heever, kon in die hoek af­rond om die voor­sprong na 10-3 te rek.

Die wind het die skop­po­gings vir Cron­jé be­moei­lik en hy het voor die rus­tyd reeds se­we moont­li­ke pun­te deur skop­pe ag­ter­weë ge­laat.

’n Los­bal is deur Gim­mies se Ar­no Gust­af­son op­ge­raap en hy het ver­der ge­dryf tot hy die bal agter die kalk­lyn kon plant. Cron­jé kon die doel­skop suk­ses­vol oor­sit om Gim­mies met 17-3 te laat voor­loop.

Die rus­tyd­si­re­ne het ge­blaas, maar dit was Gim­mies se kap­tein, Ge­or­ge van der West­hui­zen, wat die laas­te sê in die eer­ste helf­te ge­had het toe hy oor is vir sy drie. In die twee­de helf­te het Volk­skool ster­ker te­rug­ge­kom en twee vin­ni­ge drieë het ’n te­rug­veg­po­ging voor­spel.

Eers het Vol­kies se Ja­c­ques Gouws ge­druk en toe Ja­c­ques Rey­ne­ke.

Skie­lik was die tel­ling op 2413, maar Cron­jé het be­wys hy het da­rem nie heel­te­mal ver­geet hoe om pa­le toe te skop nie. Hy het ’n straf­doel oor­ge­sool om vir Gim­mies ’n buf­fer te bied met die tel­ling op 27-13.

Vol­kies het daar­na weer wye spel ge­toon en Ja­c­ques Gouws het vir sy span oor die doel­lyn ge­gly om die ag­ter­stand na 27-18 te ver­nou.

Gim­mies se Cron­jé het langs die kant­lyn af­be­weeg en met sy vaart kon hy nog vyf pun­te tot sy span se eind­tel­ling van 32-18 by­dra. Dit was eg­ter nie ’n weg­hol­se­ge vir Gim­mies, soos daar ver­wag is nie. Vol­kies kan hul kop om­hoog hou na­dat hulle baie durf ten­toon­ge­stel het.

Foto: MARIO VAN DE WALL

Ar­no Gust­af­son van Pot­chef­stroom Gim­na­si­um druk sy drie in die span se Clas­sic Clash­wed­stryd teen Volk­skool.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.