No­ries weer te­rug­veg­po­ging af

Beeld - - Sport - Ma­ri­us Nor­tjé Ru­an Vos­loo van Noord­heu­wel kry die bal net be­tyds uit­ge­gee voor­dat Je­an­dré van Vuur­en van Die An­ker hom plat­trek.

Die ho­ër­sko­le Noord­heu­wel en Die An­ker het me­kaar Vry­dag be­hoor­lik op­ge­dreun in dié span­ne se stryd in die Vir­se­ker­be­ker se li­ga vir ma­kro­sko­le in die Goue Leeus-streek.

Noord­heu­wel het dié stryd op sy tuis­veld met 34-27 ge­wen, maar hy moes eers ’n te­rug­veg­po­ging van Die An­ker af­weer.

No­ries het van meet af aan ge­wel­di­ge druk in die vas­te­skrums toe­ge­pas en Die An­ker se agt­tal het maar swaar ge­leef.

Die tuis­span het aan­vank­lik in die be­soe­kers se ge­bied ge­boer, maar Die An­ker se ver­de­di­ging was rots­vas.

Die be­soe­kers het heel­par­ty ag­ter­lyn­be­we­gings van sta­pel ge­stuu, maar hulle kon net nie af­rond nie. Die An­ker se kook­wa­ter-bui­te­sen­ter, Je­an­dré van Vuur­en, het ná vol­ge­houe druk oor­ge­duik vir die eer­ste drie.

No­ries het weer hul voor­spe­lers in­ge­span en die nr. 4-slot, S­handré Coet­ser, het gaan druk.

Met die aan­breek van die rus­tyd het die be­soe­kers ’n voor­sprong van 10-8 ge­had.

Ru­an Fou­rie, S­pe­ler van die Wed­stryd, het sy ta­lent uit­ge­stal met skit­te­ren­de rug­by.

Fou­rie was goed on­der­steun in die ag­ter­lyn deur die blits­vin­ni­ge reg­ter­vleu­el, Ca­me­ron Jan­se van Vuur­en, wat be­loon is met ’n drie in die hoe­kie.

No­ries het met nu­we vuur be­gin speel met Ru­di B­rink, agt­ste­man, wat die aan­slag voor­langs ge­lei het. Ná vol­ge­houe druk het Wi­an van Heer­den, bui­te­sen­ter, oor­ge­duik vir sy drie. Die An­ker het eg­ter klip­hard te­rug­ge­veg. Ná ’n bril­jan­te stuk­kie spel deur die lin­ker­vleu­el, S­te­phan de Klerk, het Die An­ker se agt­ste­man, Kee­gan Venter, gaan druk.

Nog twee drieë deur die tuis­span het die tel­ling op 34-15 in sy guns te staan laat kom.

No­ries se ver­de­di­ging het daar­na so iet­wat in ’n win­ter­sla­pie ver­val.

De Klerk het die No­ries se ver­de­di­gers ge­klop en gaan druk.

Die toe­ter het die ein­de van die wed­stryd aan­ge­kon­dig, maar nie die ein­de van Die An­ker se aan­slag nie. Sy ys­terflank Dy­lan O’Neill het oor­ge­duik vir sy drie, maar dit was te min te laat in dié op­win­den­de wed­stryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.