’n di­a­mant

Sbu wie? Nou weet die land

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Sbu N­ko­si gaan bin­ne­kort ’n huis­hou­de­li­ke naam vir SuidA­fri­kaan­se rug­by­lief­heb­bers word.

Dié 21-ja­ri­ge vleu­el van die Haaie be­ïn­druk el­ke keer dat hy die ge­leent­heid kry om te speel en Sa­ter­dag was geen uit­son­de­ring nie.

N­ko­si het uit­ge­blink in sy span se Su­per­rug­by-se­ge van 22-10 oor die S­tor­mers in Dur­ban.

Dit was juis hy wat sy span se be­slis­sen­de drie ge­druk het, na­dat hy die S­tor­mers se ver­de- di­gings­li­nie van eer­ste­fa­se-be­sit af oop­ge­kloof het.

Sy brei­er, Robert du Preez, was ui­ter­aard baie te­vre­de met sy ver­to­ning. “Hy het ’n baie goeie wed­stryd be­leef. Sy werk­ver­rig­ting is on­ge­loof­lik. Hy het be­slis ’n baie blink toekoms voor hom,” sê Du Preez.

N­ko­si het, be­ne­wens die lo­pie wat op sy drie uit­ge­loop het, ge­reeld die bal oor die voor­deel­lyn ge­dra. Hy was nie die e­nig­ste Haaie-s­pe­ler wat tel­ke­ma­le oor die voor­deel­lyn ge­beur het nie.

Die tuis­span se pak voor­spe­lers het die meer ge­roem­de agt­tal van die S­tor­mers oor­ska­du.

“Ons het baie pas­sie op die ver­de­di­ging en op die aan­val ge­wys. El­ke keer wat ie­mand die bal ge­dra het, het hy oor die voor­deel­lyn ge­kom. Ek is baie trots op die he­le groep ná dié ver­to­ning. Al­mal het na vo­re ge­tree,” sê Du Preez.

Hoe­wel die brei­er ui­ter­aard oor die al­ge­meen te­vre­de is met sy span se spel, is daar eg­ter steeds din­ge waar­aan die Haaie kan werk.

“Ons kan steeds be­ter uit ons eie ge­bied ont­snap. Ek praat nou van wan­neer ons tus­sen die tien­me­ter­lyn en die half­lyn is. Ons het nog twee tuis­wed­stry­de oor. Ek het vir die spelers ge­sê ons moet dié wed­stry­de vir die toe­skou­ers speel. Ons is hulle dit ver­skul­dig.”

Foto: GALLO IMAGES

Sbu N­ko­si sny deur die S­tor­mers se ver­de­di­ging op pad na sy drie Sa­ter­dag in Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.