S­tor­mers is keel­vol les­se ge­leer, sê Siya

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den Straf­doel: Doel­skop:

Dié jong stut gaan nog ’n groot S­pring­bok word. Hy speel die veld vol, sy werk­ver­rig­ting is puik en hy staan sy man in die skrums. Die S­tor­mers is nou keel­vol ge­leer. Só sê die span se kap­tein en flank, Siya Ko­li­si, na­dat sy span Sa­ter­dag met 22-10 teen die Haaie in Dur­ban in dié span­ne se Su­per­rug­by-stryd ver­loor het.

Die S­tor­mers het ’n span wat re­la­tief jonk is, maar vol­gens Ko­li­si kan hulle nie aan­hou­dend die­self­de fou­te be­gaan nie.

“Dit is ’n leer­pro­ses, maar ons kan nie die­self­de fou­te oor en oor maak en sê ons leer nie. Ons moet din­ge reg­stel. Ons kan nie by ’n uit­speel­stryd op­daag en sê ons leer nie,” sê Ko­li­si. Die kap­tein sê die span se groot­ste on­der­gang deur die loop van die sei­soen is sy on­ver­moë om die bal vir lank ge­noeg te hou en ge­vaar­li­ke fa­se­spel saam te flans.

“Ons het ’n klomp ver­keer­de be­slui­te ge­maak. Ons moes die bal lan­ger hou en pun­te aan­te­ken wan­neer ons die kans ge­kry het.

“Dit is nog die he­le sei­soen ons pro­bleem in die wed­stry­de wat ons ver­loor het. Ons ver­loor die bal wan­neer ons in ons teen­stan­der se kwart­ge­bied kom,” sê hy.

Met sy eie ver­to­ning kan Ko­li­si eg­ter te­vre­de voel. Hy lei van voor af en sy werk­ver­rig­ting is uit­ste­kend.

Hy sê die Haaie het, ver­al in die eer­ste helf­te, met baie y­wer ge­speel. “Hulle het be­ter as ons ge­speel, hulle het van hul ge­leent­he­de ge­bruik ge­maak.

“Ons moes ons ge­leent­he­de ge­bruik. Dit sou ’n lek­ker ma­nier wees om af te sluit voor die on­der­bre­king in die reeks vir die toets­wed­stry­de in Ju­nie. Maar ons sal hard werk en sorg dat ons te­rug­slaan wan­neer die reeks her­vat.”

Die S­tor­mers het nog drie wed­stry­de – teen die C­hee­tahs, Sun­wol­ves en Bul­le – oor.

Hulle het 30 liga­pun­te ná 12 wed­stry­de. Die C­hee­tahs het 16 pun­te ná 13 stry­de en die Bul­le 15 pun­te ná 12 wed­stry­de.

Pun­te­ma­kers: Haaie 22 (15): Drieë: Doel­

han Dey­sel, S­te­phan Le­wies, Sbu N­ko­si. Garth A­pril (2). A­pril. SP Ma­rais. Ma­rais.

skop­pe: S­tor­mers 10 (0): Drie:

Straf­doel:

Ma­rais. Jo­

N­che (C­hee­tahs)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.