Ker­ber gly weer op klei

K­vi­to­va kook in te­rug­keer

Beeld - - Sport - S­port­re­dak­sie – Reu­ters,

An­ge­li­que Ker­ber van Duitsland was gis­ter die eer­ste top­ge­keur­de vrou in die be­roep­se­ra om in die eer­ste ron­de van die Fran­se Ope uit­ge­boen­der te word.

Die Rus E­ka­te­ri­na Ma­ka­ro­va, 40ste op die rang­lys, het Ker­ber se kop met 6-2, 6-2 laat rol.

Ker­ber (29) se nag­mer­rie­klei­baan­sei­soen het daar­mee ’n so­veel­ste laag­te­punt be­leef.

Vroe­ër in S­tutt­gart, waar sy die kam­pi­oen was, het sy ook in die eer­ste ron­de ge­sneu­wel. Sy moes in Ma­drid weens ’n be­se­ring ont­trek, ter­wyl ’n kwa­li­fi­seer­der haar in Ro­me uit­ge­ska­kel het.

K­lei­ba­ne was nog nooit haar guns­te­ling-speel­op­per­vlak nie.

Sy is ver­le­de jaar ook in die eer­ste ron­de op Ro­land Gar­ros uit­ge­ska­kel. Trou­ens, dit was gis­ter die vyf­de keer se­dert 2007 dat Ker­ber nie die eer­ste ron­de in Parys oor­leef het nie. Die kwart­eind­ron­de in 2012 was haar bes­te ver­to­ning nog. ) Pe­tra K­vi­to­va het ná dok­ters vyf maan­de ge­le­de vir haar ge­sê het sy sal dalk nooit weer kan speel nie, in ’n e­mo­si­o­ne­le en oor­tui­gen­de te­rug­keer geen te­kens ge­toon van ’n in­bre­ker se mes­wond wat haar vir so lank uit ak­sie ge- hou het nie.

Sy het die A­me­ri­ka­ner Ju­lia Bo­se­rup met 6-3, 6-2 in die eer­ste wed­stryd op die hoof­baan ge­klop na­dat daar eers Vry­dag met die trek­king aan­ge­kon­dig is dat sy in ak­sie sal wees.

K­vi­to­va moes in De­sem­ber ’n nood­o­pe­ra­sie van by­kans vier uur aan haar lin­ker­hand, haar speel­hand, on­der­gaan na­dat sy ge­wond is. Sy het in Maart vir die eer­ste keer weer ’n ra­ket op­ge­tel en aan die be­gin van Mei eers or­dent­lik be­gin oe­fen. Die plan was dat sy eers met Wim­ble­don, haar guns­te­ling-toer­nooi wat sy twee keer ge­wen het, sou te­rug­keer. Sy het gis­ter skerp ge­lyk. “Daar is ’n paar din­ge om te ver­be­ter, maar dis te wag­te ge­wees,” sê K­vi­to­va, wat in 2012 die half­eind­stryd ge­haal het.

“Ek het geen pyn ge­had nie. Ek het my dok­ter, wat my toe­stem­ming ge­gee het om te speel, be­lo­we ek sal op­hou speel as ek e­ni­ge pyn er­vaar. ) Do­mi­nic T­hiem van Oos­ten­ryk het ’n vroeë waar­sku­wing ge­rig deur die Aus­sie Ber­nard To­mic met 6-4, 6-0, 6-2 af te ran­sel. T­hiem het vooraf in twee eind­stry­de teen Ra­fa­el Na­dal vas­ge­val voor hy die S­pan­jaard in ’n der­de pro­beer­slag in die kwart­eind­ron­de in Ro­me ge­klop het.

Foto: GETTY IMAGES

Pe­tra K­vi­to­va het haar te­rug­keer tot die spel met ’n se­ge ge­vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.