Fer­ra­ri oor­heers, maar al­les is nie pluis nie

Beeld - - Sport - – Sk­ysports.com

Se­bas­ti­an Vet­tel (Fer­ra­ri) het gis­ter in Mo­na­co sy voor­sprong bo Le­wis Ha­mil­ton (Mer­ce­des) in van­jaar se For­mu­le Een­reeks tot 25 pun­te ver­groot, maar nie voor­dat daar weer om­stre­den­heid was nie, dié keer in die Fer­ra­ri -kamp.

Vet­tel het Fer­ra­ri se eer­ste se­ge in Mo­na­co se­dert 2001 be­haal met sy span­maat, Ki­mi R­äik­k­ö­nen, twee­de. Hulle is ge­volg deur Da­niel Ric­ci­ar­do (Red Bull) in die der­de p­lek ter­wyl Ha­mil­ton se­wen­de was.

Vet­tel het R­äik­k­ö­nen ver­by­ge­steek ter­wyl die Fin in die kui­pe was om ban­de te ruil.

Ter­wyl R­äik­k­ö­nen ge­suk­kel het om sy ban­de warm te kry, het Vet­tel om die baan ge­vlieg en is hy eers vyf rond­tes la­ter kui­pe toe met ’n ste­wi­ge voor­sprong. Dit was ’n aan­dui­ding dat die Fer­ra­ri-span Vet­tel as sy voor­keur­ja­er be­skou, hoe­wel die span dit la­ter ont­ken het.

“Ek het so hard as moont­lik ge­druk en was ver­ras om voor hom te wees. Ek kan ver­staan waar­om Ki­mi on­steld is,” het Vet­tel ná sy se­ge ge­sê.

R­äik­k­ö­nen het geen e­mo­sie ge­toon ter­wyl hulle op die po­di­um ge­staan het nie en skaars in Vet­tel se rig­ting ge­kyk.

“Dis steeds ’n twee­de p­lek, maar dit voel nie baie goed nie,” het R­äik­k­ö­nen ge­sê.

Ha­mil­ton het ’n nag­mer­rie­na­week ge­had. Hy het in die 13ste po­si­sie weg­ge­spring en kon in die laas­te paar rond­tes ook nie vir Toro Ros­so se Car­los Sai­nz ver­by­steek nie.

Ha­mil­ton het voor die ren voor­spel dat hy nie tus­sen die top­tien sou ein­dig nie. “Ek het van­og­gend (gis­ter) goor ge­voel en het glad nie goed ge­slaap nie. Die mo­tor het baie moei­lik be­stuur,” het Ha­mil­ton ge­sê.

Die vei­lig­heids­mo­tor is ná tien rond­tes ont­plooi na­dat Jenson But­ton, wat sy te­rug­keer ge­maak het, teen Pas­cal Wehr­lein ge­bots het.

Wehr­lein se Sau­ber het om­ge­slaan, maar hy was on­ge­deerd.

Foto: GETTY IMAGES

Ki­mi R­äik­k­ö­nen (links) lyk glad nie in sy nop­pies met sy Fer­ra­ri­span­maat, Se­bas­ti­an Vet­tel, se se­ge in gis­ter se For­mu­le Een­ren in Mo­na­co nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.