In­dië, dis mos Kum­ble!

Beeld - - Sport -

Die In­die­se K­rie­ket­raad (BCCI) het kan­di­da­te ge­nooi om aan­soek te doen vir die pos as af­rig­ter van die na­si­o­na­le span, maar hy oor­weeg wel die hui­di­ge man in die amp, A­nil Kum­ble.

As voor­ma­li­ge kap­tein van die na­si­o­na­le span is Kum­ble in Ju­nie ver­le­de jaar as brei­er aan­ge­stel. In­dië het se­dert­dien 16 toet­se ge­wen en net een ver­loor. On­ge­ag dit het die BCCI die pos ge­ad­ver­teer, maar dit sal ’n ver­ras­sing wees as die voor­ma­li­ge by­breek­bou­ler se kon­trak nie ver­leng word nie.

Die man­ne wat oor die aan­stel­ling moet be­sluit, is Kum­ble se voor­ma­li­ge span­maats Sa­chin Ten­dul­kar, Sou­rav Gan­gu­ly en V.V.S. Lax­man.

“Die pro­ses (om ’n af­rig­ter aan te stel) is aan die gang en die hui­di­ge af­rig­ter se kon­trak verstryk aan die ein­de van die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee in En­ge­land,” sê die BCCI.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.