Rooi­kaart kon Leeus nie keer

Li­o­nel Ma­poe in Bok­groep

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die Leeus se Su­per­rug­by-bank­ba­lans is gis­ter op El­lis­park met nog vyf liga­pun­te ver­ste­wig in ’n se­ge van 54-10 oor die Kings.

Tog was die oor­win­ning nie al­tyd so oor­tui­gend soos die tel­ling aan­dui nie en het die Leeus op ’n skraal win­ter­mid­dag met ruk­ke en sto­te ge­speel en was van die ge­bruik­li­ke vloei in hul spel tel­kens af­we­sig.

’n Mag­dom fou­te is be­gaan, maar Jo­han Ac­ker­mann, die af­rig­ter, het tog sy te­vre­den­heid uit­ge­spreek dat die “taak goed af­ge­han­del is”.

Die skeids­reg­ter, Ja­co Pey­per, moes drie keer in die eer­ste helf­te kaarte uit sy sak pluk.

Een daar­van was rooi, met die Leeus-ha­ker Rob­bie Coet­zee wat die Kings-flank Chris Cloe­te met die knie teen die kop ge­stamp het.

“K­re­diet moet gaan aan ons voor­spe­lers wat goed ge­veg het met net se­we spelers op die veld. Ons het steeds goed ge­doen met ons dryf­be­we­gings en ons was baie di­rek in ons aanvalle,” het Ac­ker­mann ge­sê.

Cloe­te het ook ’n geel­kaart ge­kry na­dat hy on­ver­skil­lig in ’n los­skrum in­ge­dons het.

Die slot Ir­né Herb­st het ook 10 mi­nu­te langs die kant­lyn deur­ge­bring vir her­haal­de oor­tre­dings.

Dit was in die tyd­perk toe hy af, was dat An­dries Fer­rei­ra die Leeus se eer­ste drie ge­druk het.

Fer­rei­ra was la­ter die on­ge­luk­ki­ge s­pe­ler wat in­ge­boet moes word toe die ha­ker Mal­colm Marx in die 31ste mi­nuut op­ge­stuur is met Coet­zee wat af­ge­stuur is.

Die tuis­span het die laas­te 50 mi­nu­te met net 14 spelers moes klaar­kom.

Hul han­teer­werk was nie van die ge­bruik­li­ke hoë ge­hal­te nie en slor­di­ge spel was aan die or­de van die dag in ver­al die eer­ste 40 mi­nu­te.

Die hoog­te­punt van die eer­ste helf­te was met die laas­te be­we­ging, toe al­bei span­ne ’n kans ge­had het om te druk.

Dit was ui­t­ein­de­lik die wind­hond K­wag­ga Smith wat af­ge­rond het – na­dat Court­nall S­ko­san skit­te­rend ver­de­dig het en be­sit help om­keer het, voor­dat Smith die helf­te van die veld kon hard­loop om sy span met rus­tyd met 19-3 te laat voor­loop.

Selfs met ’n s­pe­ler min­der op die veld het die Leeus daar­na nog ses drieë ge­druk en die Kings net toe­ge­laat om een te druk.

Smith se twee­de drie was net so ’n skou­spel­ag­ti­ge po­ging.

Na­dat El­ton Jan­tjies op sy doel­lyn be­gin hard­loop het en Marx rie­me langs die kant­lyn neer­ge­lê het, het Smith ’n skit­ter­be­we­ging af­ge­rond.

Deon Da­vids, die Kings se af­rig­ter, het dit be­skryf “as geen goeie dag op kan­toor nie”.

“Din­ge wou net van­af die be­gin nie vir ons werk nie. Tog moet die Leeus k­re­diet kry vir hul spel. Hulle is ’n baie goed­ge­dril­de ma­sjien,” het Da­vids ge­sê. ) In­tus­sen is be­ves­tig dat die Leeus-sen­ter Li­o­nel Ma­poe in­ge- sluit is in die S­pring­bok-groep wat dié week in P­let­ten­berg­baai saam­trek. Ma­poe is na­der ge­trek in die p­lek van die Haai­e­sen­ter Luk­ha­nyo Am, wat sy ka­ke­been Sa­ter­dag teen die S­tor­mers ge­breek het. ) Pun­te­ma­kers: Leeus 54 (19): Drieë: An­dries Fer­rei­ra, Court­nall S­ko­san, K­wag­ga Smith (2), Mal­colm Marx, Ja­c­ques van Rooyen, Faf de Klerk, An­dries Coet­zee. Doel­skop­pe: El­ton Jan­tjies (5), An­dries Coet­zee (2). Kings 10 (3): Drie: Lu­zu­ko Vu­lind­lu. Doel­skop: Pie­ter­S­teyn de Wet. Straf­doel: De Wet.

Foto: GALLO IMAGES

Dis mos hoe ’n Leeu moet brul! Die stut Ja­c­ques van Rooyen beur oor vir ’n drie gis­ter op El­lis­park teen die Sout­hern Kings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.