Pro­te­as se boul­werk pla steeds

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Ná twee ne­der­lae neem die druk toe op die Pro­te­as voor van­dag se der­de en laas­te een­dag­wed­stryd teen En­ge­land op Lord’s.

Die Pro­te­as, eer­ste op die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ket­raad se rang­lys vir een­dag­span­ne, het tot dus­ver nie naas­ten­by soos die bes­te span op aar­de ge­lyk nie. Die Pro­te­as lyk eer­der soos ’n span op soek na self­ver­troue as­ook sy bes­te boul­kom­bi­na­sie.

Dis eer­der die tuis­span wat tot dus­ver soos ’n groot guns­te­ling lyk om die toer­nooi om die Kampioene-tro­fee te wen. En­ge­land het nou sy laas­te agt een­dag­wed­stry­de ge­wen en het be­slis die skiet­goed om die Kampioene-tro­fee, wat Don­der­dag be­gin, te wen.

Dit is ver­al die tuis­span se kolf­werk wat vrees in­boe­sem.

En­ge­land het tel­lings van 339/6 en 330/6 in die eer­ste twee wed­stry­de aan­ge­te­ken en SuidA­fri­ka gaan sy bes­te boul­kom­bi­na­sie moet kies om sy mo­ker­man­ne hok te slaan.

Mor­né Mor­kel be­hoort van­dag speel­kans te kry, maar dit sal in­te­res­sant wees om te sien wie gaan p­lek maak vir dié he­mel­be­sem. As Ka­gi­so Ra­ba­da rus­kans kry, be­te­ken dit dat die Pro­te­as vol­hard met hul tak­tiek om die span met veel­sy­di­ge spelers te laai. As Mor­kel eer­der kans kry ten kos­te van een van die veel­sy­di­ge man­ne, be­te­ken dit ho­pe­lik dat die stort­vloed lo­pies wat in die eer­ste twee wed­stryd van die En­gel­se kol­we ge­vloei het, die span­be­stuur weer laat dink het.

Hoe dit ook al sy, dit is nie net Suid-A­fri­ka se boul­werk wat Sa­ter­dag in die ne­der­laag met twee lo­pies op die Ro­se Bo­wl in Sout­hamp­ton ge­lol het nie. In­der­daad, die veld­werk was nog swak­ker as die boul­werk en Suid-A­fri­ka het ses vang­kan­se ver­brou. Dié as­pek van die spel gaan bit­ter vin­nig aan­ge­pak moet word.

Die kol­wers het tot dus­ver nie te vrot ge­vaar nie, met al die le­de van die top­ses, bui­ten JP Du­miny, wat op dreef ge­lyk het in die eer­ste twee wed­stry­de.

Da­vid Mil­ler het soos ’n droom ge­kolf vir die groot­ste deel van sy beurt (71* van 51 bal­le) Sa­ter­dag, maar hy en Chris Mor­ris kon net nie die span oor die laas­te hek­kie kry nie.

“Dit was ui­ters te­leur­stel­lend om net kort te ein­dig. Om 71 te kry, gaan my self­ver­troue baie help. Ek het goed ge­voel die laas­te paar maan­de, maar het nie baie speel­kans ge­kry in die In­die­se P­re­mier­liga nie. Ek het eg­ter baie hard ge­werk aan my spel in die net­te,” sê Mil­ler.

Hy en Mor­ris het 62 lo­pies om die ses­de paal­tjie ge­voeg om Suid-A­fri­ka tot by die drum­pel te kry, maar kon toe nie die ver­lang­de 7 lo­pies in die laas­te boul­beurt aan­te­ken nie.

Foto: GETTY IMAGES

Da­vid Mil­ler is een van ver­skeie Pro­tea­kol­wers wat op dreef is voor die toer­nooi om die Kampioene­tro­fee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.