’Ca­nes smeer Bul­le heu­ning om die mond

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Hy sal ver­ras wees as die Bul­le nie oor twee of drie sei­soe­ne weer een van die toon­aan­ge­wen­de span­ne in Su­per­rug­by is nie, sê Chris Boyd, hoof­af­rig­ter van die Hur­ri­ca­nes.

Die heu­ning­kwas is Sa­ter­dag­aand, na­dat die Hur­ri­ca­nes die Bul­le 34-20 op Lof­tus Vers­feld ge­klop het, kwis­tig deur die be­soe­kers in­ge­span.

Boyd meen die Bul­le is nie so s­wak soos hul po­si­sie op die pun­te­lys aan­dui nie.

“El­ke span gaan ie­wers deur ’n moei­li­ke tyd en ’n bou­fa­se.

“Die Cru­sa­ders is die suk­ses­vol­ste span ooit in die reeks, maar dit is lank ver­ge­te dat hulle in die eer­ste jaar (1996) byna nie ’n wed­stryd kon wen nie.

“Nie­mand het ge­dink die Bul­le sal so suk­kel nie, maar ek sal baie ver­ras wees as hulle oor twee of drie sei­soe­ne in die­self­de po­si­sie is.”

Boyd sê die Bul­le sal ’n ma­nier moet kry om hul spelers in die land te hou.

Dit was ’n slim be­sluit om ’n er­va­re af­rig­ter soos John Mit­chell aan te stel, het Boyd be­na­druk.

TJ Pe­re­na­ra, die ’Ca­nes-kap­tein, het ge­sê dit was die mees fi­sie­ke wed­stryd wat die span nog van­jaar ge­had het.

“Hulle het goed ver­de­dig en met oor­ga­we in­ge­klim. Die Bul­le het die rug­by ge­speel wat hulle in die ver­le­de so ge­dug ge­maak het.

“Daar is ’n he­le paar seer ly­we in ons kleed­ka­mer en dit gee ons baie self­ver­troue dat ons die Bul­le hier kon klop.”

Hy is dit met sy brei­er eens van­jaar se uit­slae “wys waar­skyn­lik nie hoe goed die Bul­le is nie”.

Die Bul­le-kap­tein, A­dri­aan S­trauss, het ná die krag­me­ting ge­sê die spelers is ver­lig dat daar ’n be­sluit ge­neem is oor die pad vo­ren­toe vir die Bul­le.

Die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) het Don­der­dag­aand be­kend ge­maak dat Mit­chell as die u­nie se hoof van rug­by aan­ge­stel is.

“Ons kon eint­lik nog nie daar­oor ge­sels nie, maar as jy die laas­te vier we­ke in ag neem, is dit ’n verligting dat daar ’n be­sluit ge­neem is.

“Dit bring dui­de­lik­heid en al­mal is opgewonde om ’n by­drae te le­wer.”

Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se af­rig­ter, het ge­sê sy span het goed ge­speel on­der die om­stan­dig­he­de.

“Ek is bly die man­ne het nie boe­del oor­ge­gee nie.

“Dun­can Mat­thews het sy de­buut ge­maak teen Ju­li­an Sa­vea en hy het ’n paar groot duik­slae uit­ge­voer. Ek dink hy het uit­ste­kend ge­vaar.”

Ma­rais sê die Bul­le sal graag wan­neer die reeks in Ju­lie her­vat, sterk wil ein­dig.

“Die druk word nie min­der nie. Ons wil wen en al­les in p­lek kry om la­ter die sei­soen die Cur­rie­be­ker te wen.” ) Pun­te­ma­kers Bul­le 20 (13). Drieë: Dun­can Mat­thews, Nic de Ja­ger. Straf­doe­le: Ti­an Schoeman (2). Doel­skop: Schoeman, To­ny Jan­tjies. Hur­ri­ca­nes 34 (24). Drieë: Jor­die Bar­rett, N­ga­ni Lau­ma­pe, Wes Goo­sen, Mark Ab­bott, Le­ni A­pi­sai. Straf­doel: O­te­re Black. Doel­skop­pe: Black (2), Bar­rett.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.