Ma van 3 sê: ‘Ka­per, van­dag bloei jy’

Beeld - - Front Page - Ü­gen Vos

’n 54-ja­ri­ge Wes-Rand­se ma met 20 jaar er­va­ring in ge­vegs­kuns het nou al twee ro­wers in drie jaar le­lik laat les op­sê.

Petra Smit, die ma van drie kin­ders, gee saans saam met haar man, Deon (55), by hul huis in Roo­de­krans, Roo­de­poort, krav ma­ga. Dit is ’n ge­meng­de styl van self­ver­de­di­ging wat ’n mens leer hoe om jou teen on­ge­wa­pen­de en ge­wa­pen­de aan­val­lers te be­skerm.

Petra was Don­der­dag op pad na haar werk by die Jo­han­nes­burg­se mu­ni­si­pa­li­teit toe twee mans haar kort voor 07:00 in Braam­fon­tein ge­na­der het.

Een van die mans het ’n vuur­wa­pen uit sy sak ge­haal en drie keer ge­dreig om Petra te skiet voor­dat sy hom “vier of vyf” op­stop­pers deur die oop ven­ster ge­gee het.

Die ro­wers het toe da­de­lik die af­tog ge­blaas, waar­na Petra na die me­tro­po­li­sie se pa­ra­de­ter­rein ge­jaag het om hulp te kry.

Die twee mans was nog op die to­neel toe sy en me­tro­po­li­sie­le­de daar aan­kom, maar het om ’n hoek ver­dwyn.

Die me­tro­po­li­sie­le­de het die vuur­wa­pen ge­kry waar die aan­val­lers dit net so ge­los het, waar­na Petra ’n saak by die B­rix­ton-po­li­sie­kan­toor aan­han­dig gaan maak het.

Petra, wat by ’n rooi ver­keers­lig in S­mit­straat moes stil­hou, het aan­vank­lik ge­dink die twee mans is be­de­laars.

“Ek het die ruit oop­ge­maak en toe hoor ek die ou sê hy gaan my skiet en toe ek af­kyk, het ek die vuur­wa­pen in sy hand ge­sien.”

Petra het dit oor­weeg om vo­ren­toe te buk om die mes uit te haal wat sy vir self­ver­de­di­ging in haar mo­tor hou toe die man sy drei­ge­ment her­haal, maar het be­sef dit sou haar kwes­baar maak.

“Toe hy weer sê hy gaan my skiet, toe be­gin ek te slaan. Ek het met my een hand op die toe­ter ge­lê en hom aan­hou­dend met die an­der hand ge­slaan. Ek kan nie eens ont­hou wat sy re­ak­sie was nie, maar toe ek weer sien, toe loop hy.”

Sy sê haar eer­ste re­ak­sie was om uit die mo­tor te klim en die aan­val­ler ag­ter­na te sit, maar haar sit­plek­gor­del het haar ge­keer.

“Ek het ge­dink van­aand bloei jy, ou seun, van­aand bloei jy,” het Petra gis­ter ge­sê.

Vol­gens haar is sy glad nie deur die voor­val ge­trau­ma­ti­seer nie en het sy bloot in­stink­tief ge­re­a­geer.

“Ek dink ek kon hom har­der ge­slaan het, maar ek dink ek het dalk ten min­ste voor­kom dat ie­mand an­ders in die­self­de si­tu­a­sie be­land – en dit is vir my be­lang­rik.”

Deon het gis­ter­aand ge­sê die ro­wers het eint­lik lig daar­van af­ge­kom en kan baie bly wees sy vrou het hul­le nie in die han­de ge­kry nie om­dat haar ken­nis van ge­vegs­kuns “fe­no­me­naal” is.

“Hul­le sou be­slis baie seer ge­kry het.”

Petra – ’n vier­de dan in twee ka­ra­te­sty­le – het on­der­vin­ding in ver­skeie ge­veg­sty­le en be­oe­fen meest­al sho­to­kan. Sy het ook ’n swart gor­del in krav ma­ga, maar is net 1,53 m lank en sê sy ver­moed die mans het haar vir mak­li­ke prooi aan­ge­sien.

Sy het Suid-A­fri­ka al ver­teen­woor­dig by die JKA-wê­reld­kam­pi­oen­skap, waar sy in die ou­der­doms­groep 29 tot 39 ’n goue, twee sil­wer- en twee brons­me­dal­jes in­ge­oes het.

Sy het ook om­trent drie jaar ge­le­de ’n man wat haar mo­tor­ruit in die­self­de straat ge­breek en haar be­roof het ’n har­de pak slae ge­gee.

“Een van my kol­le­gas het ge­bel en toe ek die foon ant­woord, slaan ’n man my ruit stuk­kend. Ter­wyl hy ge­slaan het, het ek die foon laat val en sy hand ge­gryp en hom in die voer­tuig in­ge­pluk. Hy het sy ken­ne­bak bo teen my kar ge­stamp en ek het hom vas­ge­hou en aan­hou slaan. Die ou het uit­ein­de­lik los­ge­ruk en weg­ge­hard­loop, maar ek het hom met my mo­tor ag­ter­na­ge­sit en selfs in ’n een­rig­ting­straat ag­ter hom aan­ge­jaag voor­dat hy in ’n taxi kon spring en weg­kom,” sê Petra.

Konst. P­hu­mi Kraai, po­li­sie­woord­voer­der, het gis­ter be­ves­tig dat die B­rix­ton-po­li­sie­kan­toor ’n saak van po­ging tot roof in ver­band met Don­der­dag se voor­val on­der­soek.

Hul­le het eint­lik lig daar­van af­ge­kom. — DEON SMIT, PETRA SE MAN

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Petra Smit van Roo­de­poort wys hoe sy haar teen ’n ka­ping ver­set het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.