‘Laat Zu­ma af­tree in die tronk’

Pre­si­dent sê ja vir ka­pings­on­der­soek

Beeld - - Front Page - Sa­rel van der Walt, P­hil­da Es­sop L­le­wel­lyn P­rin­ce en

’NGe­reg­te­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek na staat­skaping is blyk­baar ’n stap na­der aan die werk­lik­heid en ’n klag van verraad teen pres. Ja­cob Zu­ma en sy ka­bi­net is ook ’n moont­lik­heid.

Zu­ma het die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) die na­week in I­re­ne, Cen­tu­ri­on, self ver­soek om so ’n kom­mis­sie op die been te bring en dit sal so gou moont­lik ge­doen word.

Ook Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, het haar gis­ter ten guns­te van ’n kom­mis­sie uit­ge­spreek.

G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris­ge­ne­raal van die ANC, het gis­ter­mid­dag op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Jo­han­nes­burg ge­sê die kom­mis­sie se op­drag sal wyd wees so­dat die in­vloed van sa­ke­lui en on­der­ne­mings op die werk van die staat se­dert 1994 by die on­der­soek in­ge­sluit kan word.

Die on­der­soek sal om­vat­ten­der wees as dié van adv. T­hu­li Ma­don­se­la, die vo­ri­ge o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), wat ’n ver­slag daar­oor uit­ge­reik het kort voor­dat haar ter­myn ver­le­de jaar ver­stryk het.

Hier­in wys sy vin­ger na ver­skeie mi­nis­ters en ook na B­ri­an Mo­le­fe, wat pas weer as uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom aan­ge­stel is.

Die NUK het die na­week ook be­sluit dié ver­slag moet op her­sie­ning ge­neem word.

Ma­don­se­la het daar­in voor­ge­stel dat die hoof­reg­ter, en nie Zu­ma nie, ’n reg­ter aan­stel wat die ge­reg­te­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek lei. Zu­ma is nie hier­voor te vin­de nie.

Vol­gens hom het sy regs­ad­vi­seurs aan hom ge­sê Ma­don­se­la was nie by mag­te om hom as pre­si­dent aan te sê wat hy moet doen nie.

Zu­ma het die ver­soek om ’n ge­reg­te­li­ke kom­mis­sie ge­rig ter­wyl hy die na­week aan die NUK ver­slag ge­doen het oor die po­li­tie­ke si­tu­a­sie in die land.

M­be­te, wat ook na­si­o­na­le voor­sit­ter van die ANC is, het gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê die on­der­soek is no­dig “so­dat ons ge­rus­ge­stel kan word”.

“Ek dink ons sal eers goed kan slaap as ons weet daar is men­se wat aan­dag aan hier­die mon­ster (staat­skaping) sal skenk so­dat ons as Suid-A­fri­ka­ners met ons le­we kan voort­gaan.”

M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, het gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie by die par­le­ment ge­sê Zu­ma het “son­der twy­fel die hoof van ’n mis­daad­or­ga­ni­sa­sie” ge­word.

Daar­om sal dit be­ter wees dat hy nie in Du­bai af­tree nie, maar in ’n tronk­sel.

Die DA wil hê ’n par­le­men­tê­re ad hoc-ko­mi­tee moet die be­we­rings van staat­skaping on­der- soek en die mag hê om Zu­ma en die Gup­tas te dag­vaar.

Hy wil ook klag­te teen Zu­ma in­dien ná die ont­hul­ling in Son­dag­koe­ran­te van e-pos­bood­skap­pe tus­sen Gup­ta-sa­ke­ven­no­te en ver­skeie mi­nis­ters wat wys hoe sterk die fa­mi­lie se in­vloed op die re­ge­ring en staat is.

Daar is on­der meer ont­hul dat Zu­ma dit oor­weeg om die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te sy fa­mi­lie se “twee­de tuis­te” te maak.

Le­che­sa T­se­no­li, M­be­te se ad­junk, het ge­sê die par­le­ment het nog nie amp­te­lik ’n ver­soek van die DA ont­vang dat so ’n ko­mi­tee aan­ge­stel word nie.

M­be­te het ook ge­sê dit is pro­ble­ma­ties dat po­li­tie­ke par­tye hul­le met par­le­men­tê­re kwes­sies na die ho­we wend.

“My me­ning is dat dit om po­li­tie­ke re­des ge­doen word deur op­po­si­sie­par­tye wat dit kan be­kos­tig.”

Die ten­dens het ver­al in dié par­le­men­tê­re ter­myn ver­er­ger.

Die Grond­wet maak voor­sie­ning vir die skei­ding van mag­te, waar el­ke deel van die staat sy rol en plek het.

“Hier­die ten­dens om par­le­men­tê­re sa­ke wat ge­de­tail­leer­de in­ter­ne in­lig­ting in­sluit, na die ho­we te neem, is nie baie goed vir ons nie. Ons hard­loop daar­van weg om met me­kaar te ska­kel,” het M­be­te ge­sê. ) )

Wan­neer die “wa­re geskiedenis” ver­tel word, sal pres. Ja­cob Zu­ma ont­hou word om­dat hy mil­joe­ne Suid-A­fri­ka­ners hoop ge­gee het, sê Des van Rooy­en, mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke.

“Hy is die held van die mas­sas, daar­die stem­lo­se bur­gers wat nie toe­gang het tot T­wit­ter en Fa­ce­book nie,” het Van Rooy­en gis­ter Zu­ma se lof by die opening van die in­da­ba van tra­di­si­o­ne­le lei­ers in Boks­burg be­sing.

“Ons almal weet baie goed hy is nie ’n vriend van mo­no­po­lie­ka­pi­taal nie. Sy lei­er­skap het die le­we van die arm­stes on­der die ar­mes ver­an­der.”

Dit is te dan­ke aan lei­ers soos Zu­ma dat tra­di­si­o­ne­le lei­ers er­ken word in die de­mo­kra­tie­se SuidA­fri­ka.

Die op­of­fe­rings wat Zu­ma ge­maak het om be­ter diens­le­we­ring vir die arm­ste van die ar­mes te ver­se­ker, in­spi­reer hom, het Van Rooy­en ge­sê.

Pres. Ja­cob Zu­ma gis­ter in Boks­burg.

Fo­to’s: FELIX DLANGAMANDLA

G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris­ge­ne­raal van die ANC.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Des van Rooy­en, mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring, en pres. Ja­cob Zu­ma gis­ter by die in­da­ba van tra­di­si­o­ne­le lei­ers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.