Nu­we glas­pad­da in A­ma­so­ne ont­dek

Beeld - - Front Page - Fo­to: JAIME CULEBRAS, ROSS MAYNARD

’n Nu­we spe­sie glas­pad­da, Hy­a­li­no­ba­tra­chi­um y­a­ku, is in E­cu­a­dor in die A­ma­so­ne ont­dek. Van on­der af kan al sy or­ga­ne deur sy deur­sig­ti­ge vel ge­sien word. Die pad­da is in die vak­tyd­skrif ZooKeys be­skryf, be­rig El­sa­bé B­rits. Hy is 2 cm lank en het don­ker kol­le op die rug en kop. Die pad­da is nie deur­sig­tig op sy rug nie. Vol­gens na­vor­sing is glas­pad­das se voort­plan­ting ook u­niek. Die man­ne­tjies roep met ’n lang, ken­mer­ken­de ge­luid na die wy­fies ter­wyl hul­le on­der ’n blaar sit. Die man­ne­tjies sien ook om na die ei­ers. Die bla­re waar­op die man­ne­tjies sit, is ge­woon­lik na­by die wa­ter. Min is nog oor die pad­das be­kend en hul sta­tus op die rooi­da­ta­lys is nog nie be­paal nie. Dit is moei­lik om hul­le on­der die bla­re raak te sien, vol­gens die na­vor­sing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.