‘Jul s­tel geld bo land’

‘Pre­si­dent sou nie stem­ming oor­leef het’

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Júl­le het die land en die ANC se be­lan­ge on­der­ge­skik ge­stel aan jul eie klein­li­ke po­li­tie­ke en gel­de­li­ke be­lan­ge.

So het die ANC-veterane gis­ter woe­dend ge­re­a­geer oor dié le­de van die na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) wat die na­week vir pres. Ja­cob Zu­ma in die bres ge­tree het.

Joel Nets­hi­ten­z­he, be­leids­ghoe­roe van die par­ty, het Sa­ter­dag op die NUK se ver­ga­de­ring in I­re­ne, Cen­tu­ri­on, ’n mo­sie in­ge­dien waar­in Zu­ma ge­vra is om van sy pos af­stand te doen.

Na ver­neem word, het 72 van die NUK se 110 le­de in die de­bat daar­oor ge­praat van wie 18 ge­vra het dat Zu­ma sy pos moet ver­laat en 23 hom ge­vra het om nie te loop nie.

Die res was glo baie kri­ties, maar het nie ge­vra dat hul pre­si­dent loop nie.

Daar was mi­nis­ters on­der dié wat die mo­sie ge­steun het, be­rig News24.

NUK-le­de wat teen Zu­ma ge­kant is, sê as die mo­sie tot stem­ming ge­bring is, sou dit ge­slaag het.

“Hul­le is bang vir ’n ge­hei­me stem­ming. As hul­le ge­sê het ‘stem’, sou hy (Zu­ma) dit nie oor­leef het nie,” sê een NUK-lid.

Zu­ma-on­der­steu­ners sê dit was dié keer mak­li­ker om die mo­sie van die ta­fel te vee as in No­vem­ber, toe De­rek Ha­ne­kom ’n soortgelyke mo­sie in­ge­dien het.

Sa­ve South A­fri­ca sê in ’n ver­kla­ring daar is net een ma­nier om die NUK se be­sluit om Zu­ma as pre­si­dent te be­hou, te ver­tolk: Húl­le wat ten guns­te van Zu­ma ge­praat het, on­der­steun sy pro­jek om die land aan “boe­we, plun­de­raars en skelms” te ver­koop.

Die veterane sê in ’n ver­kla­ring hul­le glo die ANC se beeld is ge­skaad by die ge­meen­skap­pe wat hy ver­on­der­stel is om te dien.

“Daar is geen twy­fel nie dat dié wat die pre­si­dent die luidste on­der­steun het, ui­ter­aard uit die ge­le­de­re kom van hul­le wat reg­streeks be­trok­ke is by staat­skaping en die web van fak­sie­vor­ming en kor­rup­sie wat daar­mee ver­band hou.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.