Kla Mut­ham­bi en SAUK­oud­ho­ës aan, eis DA

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die DA meen Faith Mut­ham­bi en ver­skeie voor­ma­li­ge hoog­ge­plaas­tes in die SAUK moet straf­reg­te­lik aan­ge­kla word om­dat hul­le moont­lik vals in­lig­ting in die par­le­men­tê­re on­der­soek na die SAUK-raad ver­skaf het.

In die ver­slag oor die on­der­soek word aan­be­veel dat die par­le­ment e­ni­ge ge­tuie wat moont­lik teen­stry­di­ge of mis­lei­den­de ge­tui­e­nis ver­skaf het, on­der­soek.

Die par­le­ment het net tot Maan­dag tyd om klag­te in dié ver­band by die po­li­sie in te dien, het P­hum­zi­le van Dam­me, DA-LP en -woord­voer­der oor kom­mu­ni­ka­sie, gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Nog ’n aan­be­ve­ling was dat die par­le­ment se regs­diens bin­ne 60 dae na­dat die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring die ver­slag aan­vaar het, men­se i­den­ti­fi­seer wat die on­der­soe­kers mis­lei het of vals in­lig­ting of ge­tui­e­nis ver­skaf het met die oog op straf­reg­te­li­ke klag­te.

Van Dam­me het in ’n ver­kla­ring die na­me van ver­skeie men­se ge­noem wat vol­gens haar moont­lik teen­stry­di­ge ge­tui­e­nis ver­skaf of die par­le­ment mis­lei het.

Van hul­le is vol­gens haar: ) Faith Mut­ham­bi, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie, wat vol­gens Van Dam­me ont­ken het dat sy ooit in e­ni­ge kwes­sies van die SAUK-raad in­ge­meng het en haar ver­hou­ding met die om­stre­de Gup­ta­fa­mi­lie ont­ken het “on­danks be­wys van die teen­deel”; ) T­he­re­sa Gel­den­huys, voor­ma­li­ge maat­skap­py­se­kre­ta­ris, “wat moont- lik ge­dok­ter­de no­tu­les van die raad aan die par­le­ment ver­skaf” het; ) El­len Ts­ha­ba­la­la, voor­ma­li­ge voor­sit­ter van die SAUK-raad, wat ge­tuig het dat daar po­li­tie­ke in­men­ging by die SAUK was, “maar nie be­wys daar­van ver­skaf het toe dit ver­soek is nie”; ) Prof. M­bu­la­he­ni Ma­gu­vhe, voor­ma­li­ge voor­sit­ter van die SAUKraad, “wat ge­tuig het dat hy nie in sy persoonlike hoe­da­nig­heid sy pro­ku­reurs be­veel het om ’n in­ter­dik teen die SAUK-on­der­soek te kry nie, on­danks die feit dat sy pro­ku­reurs dui­de­lik in die hof ver­klaar het dat Ma­gu­vhe die aan­soek om die in­ter­dik in sy persoonlike hoe­da­nig­heid in­ge­dien” het; en ) Dr. Ben N­gu­ba­ne, voor­ma­li­ge voor­sit­ter van die SAUK-raad, wat ge­tuig het dat daar geen po­li­tie­ke in­men­ging by die SAUK was nie “on­danks teen­stry­di­ge ge­tui­e­nis”.

Die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor kom­mu­ni­ka­sie sal van­dag ’n voor­leg­ging van die par­le­ment se regs­diens­te ont­vang oor die aan­be­ve­lings in die ver­slag.

“Ons ver­trou dat die regs­diens op dié ver­ga­de­ring vol­le be­son­der­he­de van die uit­slag van sy on­der­soek sal voor­sien en die na­me van die in­di­vi­due sal ver­skaf wat die on­der­soek mis­lei het en of vals in­lig­ting ver­skaf het, en oor wan­neer straf­reg­te­li­ke klag­te in­ge­dien sal word,” sê Van Dam­me.

Fo­to: GCIS

Faith Mut­ham­bi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.