Man­tas­he: Mo­sie teen lei­er maak ANC seer

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Hy is nie ’n pro­feet nie en weet daar­om nie of daar nog ’n po­ging sal wees om ’n mo­sie van wan­troue teen pres. Ja­cob Zu­ma in te dien nie, sê G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris­ge­ne­raal van die ANC.

Man­tas­he het gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie oor die na­week se ver­ga­de­ring van die par­ty se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) ge­praat.

Zu­ma het op dié ver­ga­de­ring vir die twee­de keer in se­we maan­de ’n mo­sie oor­leef.

Man­tas­he het ge­sê die op­roe­pe dat Zu­ma moet be­dank, is nie net op Zu­ma ge­mik nie, maar is ’n po­ging om die ANC seer te maak. Hy weet nie waar die be­rig­te van­daan kom dat Zu­ma sy teen­stan­ders die na­week glo ge­waar­sku het om hul­le van kri­tiek op hom te weer­hou nie. “Daar was nie drei­ge­men­te nie.”

Zu­ma was ver­moe­de­lik in Lut­hu­li­huis ter­wyl die me­di­a­kon­fe­ren­sie aan die gang was. Sy kon­vooi mo­tors en mo­tor­fiet­se het in die straat ge­par­keer ge­staan.

Joer­na­lis­te het op die me­di­a­kon­fe­ren­sie reg­uit vrae ge­stel, maar Man­tas­he was baie snoep met in­lig­ting oor wat werk­lik die na­week in I­re­ne, Cen­tu­ri­on, ge­beur het. Hy het die me­dia daar­van be­skul­dig dat hul­le baie on­waar­he­de die wê­reld in­ge­stuur het en ge­sê daar is dui­de­lik on­kun­de oor hoe die NUK werk.

“Dit is nie ’n kom­mis­sie van on­der­soek nie. Dit is ’n plek waar ons oor sa­ke praat en dit ont­leed.”

Hy het ge­sê die NUK het nie aan­dag ge­gee aan die be­rig­te in Son­dag­koe­ran­te nie. Hier­in is erns­ti­ge be­we­rings oor Zu­ma en die Gup­ta-fa­mi­lie ge­maak. “Ons sit nie daar en ont­leed koe­rant­be­rig­te nie. Daar is wel le­de van die NUK wat dié in­lig­ting in de­bat­te ge­bruik het.”

Hy het ge­sê die NUK wil hê die her­aan­stel­ling van B­ri­an Mo­le­fe as uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom moet her­roep word voor­dat die saak bin­ne­kort hof toe gaan.

Die NUK het vol­gens Man­tas­he ook met gra­de­rings­a­gent­skap­pe ge­praat na­dat Suid-A­fri­ka se kre­diet­gra­de­ring tot rom­mel­sta­tus ver­laag is. “Ons moe­nie doen wat goed is vir die gra­de­rings­maat­skap­pye nie, maar wat goed is vir die land.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.