DA­raads­lid in E­kur­hu­le­ni sluit haar by VF Plus aan

Beeld - - Nuus - – Sa­rel van der Walt

Ma­ry Go­by, voor­ma­li­ge DA-stads­raads­lid in E­kur­hu­le­ni, het haar by die VF Plus aan­ge­sluit.

Die aan­kon­di­ging is gis­ter deur adv. An­ton Al­berts, Gau­teng­se lei­er van die VF Plus, ge­doen.

“Sy het ná lang oor­we­ging be­sluit om haar by die VF Plus aan te sluit om­dat die DA nie na min­der­heids­groe­pe se reg­te om­sien nie,” sê Al­berts.

Go­by is in die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing van 2011 as raads­lid vir E­kur­hu­le­ni se wyk 28 ver­kies. Dié wyk sluit ge­deel­tes van die wes­te­li­ke uit­brei­dings, die he­le La­ke­field, Farrar­me­re en Alphen­park in.

Sy het in die por­te­feul­je­ko­mi­tee vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid ge­dien.

Go­by was nie ’n kan­di­daat in ver­le­de jaar se mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing nie.

Al­berts sê Go­by “sal met haar ja­re se on­der­vin­ding op baie vlak­ke haar werk in E­kur­hu­le­ni on­der die VF Plus se vaan­del voort­sit”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.