Dood in reg­span ver­traag Zu­ma­saak

Beeld - - Nuus - – News24

Pres. Ja­cob Zu­ma se aan­soek om te mag ap­pel­leer teen die hof­be­vel dat hy re­des vir sy ka­bi­net­s­kom­me­ling aan die DA ver­skaf, is gis­ter uit­ge­stel weens die dood van ie­mand in die reg­span.

James Sel­fe, voor­sit­ter van die DA se fe­de­ra­le raad, sê die aan­soek sal nou Don­der­dag of Vry­dag aan­ge­hoor word.

Die DA wil die re­des vir Zu­ma se be­sluit ge­bruik in sy her­sie­nings­aan­soek om die af­dan­king van Pra­vin Gord­han as mi­nis­ter van fi­nan­sies en M­ce­bi­si Jo­nas as sy ad­junk ter­sy­de te laat s­tel.

Reg­ter Bashier Val­ly het vroe­ër van­dees­maand in die hoog­ge­regs­hof in Pretoria be­veel Zu­ma moet kor­re­spon­den­sie en ver­slae oor sy ka­bi­net­s­kom­me­ling aan die DA se pro­ku­reurs ver­skaf.

Zu­ma staan die be­vel teen en dring daar­op aan dat die DA die so­ge­naam­de in­tel­li­gen­sie­ver­slag ver­skaf waar­op Zu­ma glo sy be­sluit ge­grond het om die af­dan­kings op 31 Maart te doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.