11­ja­ri­ge skenk skoe­ne vir ar­mes

Sy sa­mel self geld in vir leer­lin­ge se ge­skenk

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

’n Leer­ling aan die La­er­skool U­ni­ver­si­tas het gis­ter 11 pa­re blink­nu­we skool­skoe­ne, ge­koop met geld wat sy self in­ge­sa­mel het, aan 11 gelukkige leer­lin­ge aan ’n an­der skool in Bloem­fon­tein gaan gee – om haar eie 11de ver­jaar­dag be­hoor­lik te vier.

Lesedi Fin­ger, ’n gr. 5-leer­ling, sê sy het twee jaar lank be­plan om haar droom te ver­we­sen­lik om die skool­skoe­ne te kan gee aan die­ge­ne wat dit werk­lik no­dig het. Pleks daar­van om self ver­jaar­dag­ge­sken­ke te ont­vang, het sy ge­gee en dit was vir haar veel lek­ker­der.

“Ek het die skool­skoe­ne by Pep ge­koop na­dat my ma, Be­li­na Fin­ger, en Het­tie S­chus­ter, vir wie sy werk, al­bei klip­hard ge­werk het om my te help om die geld by­me­kaar te maak.

“Die res van my fa­mi­lie het ook geld vir die skoe­ne ge­skenk en tan­nie Het­tie het ook aan vrien­din­ne W­hat­sApp-bood­skap­pe ge­stuur so­dat die geld in­ge­sa­mel kon word.”

By die Dr. C.F. Vis­serskool kon kin­ders wie se voe­te ys­koud van die koue was om­dat hul­le kaal­voet skool toe ge­kom het nie wag om van die blink­nu­we skool­skoe­ne aan te trek nie.

Kin­ders wat tek­kies by hul skool­kle­re ge­dra het en een wie se skool­skoen se sool los­ge­trek het, het ook van die skoe­ne ge- kry. Vir hul­le was dit som­mer ’n heug­li­ke dag. Die 11 gelukkige leer­lin­ge het vir Lesedi “Hap­py Birt­hday” ge­sing.

S­chus­ter, skoon­sus­ter van die rol­prent­ma­ker Leon S­chus­ter, het da­de­lik on­der­neem om nog vyf pa­re skoe­ne te gaan koop wat mô­re by die skool af­ge­le­wer sal word vir dié wie se nu­we skoe­ne nie ge­pas het nie. Die skoe­ne wat te klein is, sal nou aan an­der kin­ders by die skool ge­gee word.

Fo­to: MA­RIE­TJIE GE­RIC­KE

Lesedi Fin­ger (11) van die La­er­skool U­ni­ver­si­tas in Bloem­fon­tein het op haar 11de ver­jaar­dag 11 pa­re skool­skoe­ne aan 11 leer­lin­ge aan die Dr. C.F. Vis­serskool ge­skenk. Ag­ter haar is van die gelukkige ont­van­gers van die skoe­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.