Sag­te­wa­re ken fluit­fluit drie dol­fyn­spe­sies uit

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Deur van ge­vor­der­de sag­te­wa­re ge­bruik te maak, kan dol­fy­ne aan die kus van Suid-A­fri­ka, Namibië en Zan­zi­bar nou aan hul flui­te uit­ge­ken word.

Dié na­vor­sing is deur dr. Si­mon El­win, ver­bon­de aan die soog­dier na­vor­sings­in­sti­tuut van die U­ni­ver­si­teit van Pretoria, Flo­ren­ce Erbs van Sea Se­arch en dr. Tess G­rid­ley van die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad se de­par­te­ment sta­tis­tie­se we­ten­skap­pe ge­doen.

Vol­gens die na­vor­sing, wat ge­pu­bli­seer is in The Jour­nal of the A­cou­sti­cal So­cie­ty of A­me­ri­ca, het hul­le van pas­sie­we a­koes­tie­se mo­ni­te­ring ge­bruik ge­maak. Dit word ge­doen deur mi­kro­fo­ne wat met af­stand­be­heer werk – ge­naamd hi­dro­fo­ne – on­der die wa­ter te plaas.

Hul­le het eers op drie dol­fyn­spe­sies ge­fo­kus – die bot­tel­neus­dol­fyn, die ge­wo­ne kort­bek­dol­fyn en die In­dies-S­til­le O­se­aan-bot­tel­neus­dol­fyn – om te be­paal wat­ter spe­sie maak wat­ter ge­luid.

Die na­vor­sing is na­by P­let­ten­berg­baai, Wal­vis­baai en by Zan­zi­bar ge­doen.

Die na­vor­sers het die flui­te wat op­ge­neem is in klei­ner stuk­kies ver­deel om na die toon­hoog­te en kur­we van die klank­gol­we te kyk.

Dui­sen­de flui­te is op­ge­neem van die so­wat 90 dol­fy­ne wat hul­le raak­ge­loop het en met be­hulp van die sag­te­wa­re kon hul­le die flui­te in 255 groe­pe ver­deel. Die spe­sies kon met ’n ak­ku­raat­heid van 87,3% gei­den­ti­fi­seer word, wat vol­gens die stu­die gro­ter is as wat ver­wag is.

Hoe­wel die dol­fy­ne by Zan­zi­bar al met die me­to­de gei­den­ti­fi­seer is, was dit die eer­ste keer dat dit in Suid-A­fri­ka met dol­fy­ne ge­doen is.

Vol­gens die na­vor­sing sal ver­skil­len­de be­vol­kings van die­self­de spe­sie ook so uit­ge­ken kan word aan die spe­si­fie­ke flui­te wat hul­le maak om­dat el­ke groep sy eie “di­a­lek” het.

Fo­to: SOUTHWEST FISHERIES SCIENCE CEN­TER, KA­LI­FOR­NIË

Die ge­wo­ne kort­bek­dol­fyn ( Del­phi­nus del­phis) is een van die drie dol­fyn­spe­sies wat Suid­A­fri­kaan­se na­vor­sers kon uit­ken aan hul flui­te deur van sag­te­wa­re ge­bruik te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.