Plak­kers gryp grond na­by Pretoria

Beeld - - Nuus - Ar­man­do T­hem­ba (voor) bou sink­plak­kers­hut­te in Pie­naar­s­poort teen R1 500 elk.

“Ons het die grond ge­gryp.”

So sê Ru­ep­has Rik­hot­so, waar hy in Pie­naar­s­poort, oos van Pretoria, staan­plek­ke gra­tis uit­deel aan men­se wat suk­kel.

Hy sê hy doen dit na­mens die EFF.

Met sy rooi vei­lig­heids­helm waar­op “EFF” met ’n dik swart vilt­pen ge­skryf is, staan Rik­hot­so in die ge­meen­skap as “Ma­le­ma” be­kend.

In sy kan­toor – ’n hout­hut waar­op plak­ka­te met die woor­de “Zu­ma must fall” ge­plak is – deel hy die staan­plek­ke glo gra­tis uit.

Rik­hot­so sê dié grond was oop en het ’n ge­vaar vir kin­ders en an­der in­ge­hou wat dit as deur­pad moes ge­bruik.

“Daar­om het ons dit ge­gryp. Ons het dit nie ge­steel nie.”

Som­mi­ge sê Rik­hot­so be­skou Vic­tor Lek­hu­le­ni, wat in A­pril 2015 in Ma­me­lo­di dood­ge­skiet is, se reu­se­grond­eis as gel­di­ge re­de vir die be­set­ting van die grond.

Lek­hu­le­ni, wat op­per­hoof van die Bak­gat­la Ba Lek­hu­le­ni-stam was, se eis het meer as 500 er­we, ne­ge pla­se en ver­skeie sko­le, ker­ke en on­der­ne­mings in van die noor­de tot die oos­te van Pretoria in­ge­sluit.

Die eis is in Fe­bru­a­rie 2015 in die S­taats­koe­rant ge­pu­bli­seer.

Rik­hot­so wil nie daar­op kom­men­taar lewer nie.

’n Vrou met ’n EFF-T-hemp, wat nie haar naam aan Beeld wou gee nie, werk blyk­baar saam met Rik­hot­so in sy kan­toor.

Vol­gens haar is die kan­toor op 10 Mei ge­o­pen. Sy kon nie sê hoe­veel staan­plek­ke al uit­ge­deel en hoe­veel hut­te al se­dert­dien op­ge­rig is nie.

Rik­hot­so sê die mees­te be­guns­tig­des is in­wo­ners van die na­by­ge­leë Let­ha­bong-plak­kers­kamp teen die ou Bronk­horst­spruit-pad.

Daar be­taal in­wo­ners glo huur aan die Tshwa­ne-me­tro om­dat dit ’n wet­ti­ge plak­kers­kamp is.

Ar­man­do T­hem­ba was gis­ter­og­gend druk be­sig om sink­plak­kers­hut­te te bou.

T­hem­ba sê hy kan twee hut­te van 3 m x 3 m per dag bou. Hy vra R1 500 per hut.

Die­ge­ne wat nie die hut­te kan be­kos­tig nie, het self eers hul staan­plek­ke skoon­ge­maak en toe sink­pla­te aan­me­kaar be­gin slaan.

Paul van Rooy­en, een van die ei­e­naars van dié grond, sê wat nou daar aan die ge­beur is, “is nie reg nie”.

Hy sê daar word se­dert die na­week struk­tu­re op drie hoe­wes, waar­van sy­ne een is, op die pyp­lei­ding van Trans­net se ser­wi­tuut op­ge­rig. Fo­to’s: DEAAN VIVIER

Hy be­sit die grond al tien jaar, maar woon nie op die per­seel nie.

Van Rooy­en is een van min­stens ses hoe­we-ei­e­naars wat deur A­friSa­ke in die hof by­ge­staan word.

A­friSa­ke het ver­le­de week ’n drin­gen­de hof­aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in Pretoria in­ge­dien om ’n uit­set­tings­be­vel te be­kom.

C­har­les Cas­t­le, be­stuur­der van A­friSa­ke se ar­beids­regs­ad­vies­een­heid, sê die hof het uit­spraak voorbehou.

“Al wat A­friSa­ke tans kan doen, is om die grond­ei­e­naars oor hul reg­te te ad­vi­seer en te wag op die hof­uit­spraak.

“A­friSa­ke het die kos­te van die drin­gen­de hof­aan­soek na­mens die grond­ei­e­naars ge­dra en sal ná ont­vangs van die uit­spraak die me­rie­te (van die saak) moet her­e­va­lu­eer.”

Cas­t­le sê ei­en­doms­reg in Suid-A­fri­ka is in die ge­drang om­dat die staat nie wil op­tree teen be­set­ters nie en die hof nie wil uit­spraak lewer nie.

“Ei­e­naars is nou op hul­self aan­ge­we­se om hul ei­en­dom te be­vei­lig.”

Go­drich Gar­dee, die EFF se se­kre­ta­ris-ge­ne­raal, het nie op na­vrae ge­re­a­geer om te be­ves­tig of Rik­hot­so wel die grond be­set of staan­plek­ke na­mens dié par­ty uit­deel nie.

Die Tshwa­ne-me­tro het teen laat gis­ter ook nie be­ves­tig of die Let­ha­bong-plak­kers­kamp wel wet­tig is nie.

S­plin­ter­nu­we plak­kers­hut­te in Pie­naar­s­poort, oos van Pretoria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.