Twee in hof ná moord op Ma­tie

Sy bloei dalk dood ná vier mes­ste­ke

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee

Die 21-ja­ri­ge Ma­tie-student wie se lyk Sa­ter­dag­og­gend op die plaas Groen­hof bui­te S­tel­len­bosch ge­vind is, is so­wat vier keer met ’n skerp voor­werp ge­steek voor­dat sy ver­krag is.

Drie van die mes­ste­ke was glo in die nek. Sy het ver­moe­de­lik dood­ge­bloei.

Twee van Han­nah Cor­ne­li­us (21) se ver­meen­de ver­krag­ters en moor­de­naars het gis­ter in die land­dros­hof in S­tel­len­bosch op aan­klag­te van ont­voe­ring, mo­tor­dief­stal, roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de, ver­krag­ting en moord ver­skyn.

Bui­te die hof het stu­den­te vreed­saam plak­ka­te rond­ge­swaai.

Nog aan­klag­te kan la­ter by­ge­voeg word.

Die twee is al­bei ver­meen­de le­de van die 28-ben­de.

Die hof het ge­las dat geen fo­to’s van die twee ge­neem of ge­pu­bli­seer word tot­dat ’n uit­ken­nings­pa­ra­de ge­hou is nie.

Die twee is al­bei Sa­ter­dag kort ná 14:00 ná ’n jaag­tog deur speur­ders van S­tel­len­bosch by die plaas Dwars-in-die-weg in die De­von­val­lei in heg­te­nis ge­neem.

’n Der­de man is ook Sa­ter­dag in heg­te­nis ge­neem. Hy is nog nie aan­ge­kla nie.

’n Vier­de man is na ver­neem word nog soek.

Land­dros G­reg Ja­cobs het die saak tot 28 Ju­lie uit­ge­stel vir ver­de­re on­der­soek.

Die twee het aan­ge­dui dat hul­le om regs­hulp gaan vra en dat hul­le vir nou nie om borg­tog gaan aan­soek doen nie.

Die hof het ge­hoor ’n las­brief vir die in­heg­te­nis­ne­ming vir een van die be­skul­dig­des is in ’n on­ver­wan­te saak uit­ge­reik.

Hy moes glo in Maart in die hof in S­tel­len­bosch ver­skyn het, maar het nooit daar op­ge­daag nie.

Hy het aan­ge­voer hy is in daar­die tyd in S­tel­len­bosch ont- voer, in K­haye­lit­sha aan­ge­hou en eers in A­pril vry­ge­laat.

Ja­cobs het ge­sê die hof sal sy weer­ga­we aan­vaar om­dat die staat nie die teen­deel kan be­wys nie.

Cor­ne­li­us en C­heslin Marsh, ’n stu­den­te­vriend van haar, is Sa­ter­dag­og­gend tus­sen 03:00 en 06:00 in Bi­rd­straat, S­tel­len­bosch deur vier mans ge­kaap waar hul­le in haar blou Ci­ti Golf ge­sit en praat het.

Die ka­pers het met die twee na Kraai­fon­tein ge­ry waar hul­le Marsh met bak­ste­ne teen die kop ge­gooi en hom vir dood ag­ter­ge­laat het.

Daar­na is hul­le met Cor­ne­li­us te­rug S­tel­len­bosch toe.

Op die plaas Groen­hof het hul­le haar in ’n ver­la­te paad­jie wat langs die win­ger­de af­loop ver­moe­de­lik her­haal­de­lik om die beurt ver­krag.

Sy is glo met ’n skerp voor­werp ge­steek. Haar lyk is Sa­ter­dag­og­gend om­streeks 08:30 langs ’n krag­boks ge­vind.

Marsh het by ’n huis om hulp gaan aan­klop. Hy is hos­pi­taal toe ge­bring. Sy lin­ker­voor­arm is ge­breek en hy het ook ver­skeie kop­be­se­rings.

Willem en An­na Cor­ne­li­us het hul dogter se lyk gis­ter­mid­dag gaan uit­ken, om­streeks die­self­de tyd as wat die twee ver­meen­de moor­de­naars in die hof ver­skyn het, sê La­li van Zuy­dam, die ver­moor­de se nig­gie.

Die eg­paar gaan vol­gens Zuy­dam deur ’n moei­li­ke tyd.

“Ons het ver­neem van die in­heg­te­nis­ne­ming van twee ver­dag­tes. Ons as fa­mi­lie gaan ons be­rus by die regs­pro­ses.”

’n Rou­diens vir Cor­ne­li­us word Vry­dag 11:00 in die NG kerk in Vis­hoek, Kaap­stad, ge­hou.

Seug­net van Zyl

Fo­to: FA­CE­BOOK

Han­nah Cor­ne­li­us

Fo­to: FA­CE­BOOK

C­heslin Marsh

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.