‘Is jy skul­dig?’ vra po­li­sie­lid glo vir Hen­ri van B­re­da

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Die bloed­toet­se wat op Hen­ri van B­re­da ge­doen is, spel- en tik­fou­te en die lug­ver­koe­ling in ’n s­peur­der se kan­toor het ter spra­ke ge­kom in die bin­ne­ver­hoor oor die toe­laat­baar­heid van die ver­kla­ring wat hy ná die by­l­moord op sy ou­ers en broer af­ge­lê het.

Van B­re­da se reg­span sê sers. C­lin­ton Malan, die po­li­sie­lid wat Van B­re­da se ver­kla­ring op 27 Ja­nu­a­rie 2015 af­ge­neem het, lieg.

Die Van B­re­da-span be­twis die toe­laat­baar­heid van hul kli­ënt se ver­kla­ring in die moord­ver­hoor om­dat hul­le meen die staat het hom soos ’n ver­dag­te ge­han­teer, maar nie oor sy reg­te ge­waar­sku nie.

Die staat sê Van B­re­da is as ’n slag­of­fer van die by­l­aan­val be­han­del en dit was dus on­no­dig om hom oor sy reg­te te waar­sku.

As die po­li­sie sy kli­ënt as ’n ge­tuie be­han­del het, is dit vreemd dat hul­le bloed sou laat trek vir al­ko­hol- en dwelm­toet­se, het adv. Pieter Botha aan­ge­voer.

Malan, ’n s­peur­der van die S­tel­len­bosch-po­li­sie­tak, het dit gis­ter in sy ge­tui­e­nis in die bin­ne­ver­hoor toe­ge­gee.

Botha wou ook weet of Malan ge­hoor het toe sy be­vel­voer­der aan Van B­re­da sê hy “glo nie ’n woord van sy b******t- s­to­rie nie”.

Malan het ge­sê hy was nie in die kan­toor toe die ge­sprek plaas­ge­vind het nie.

Malan het ge­tuig hy en sy kol­le­ga het Van B­re­da van die moord­to­neel na die dis­triks­ge­nees­heer ge­neem so­dat sy be­se­rings aan­ge­te­ken kon word en is daar­na na sy kan­toor.

Botha het ge­sê vol­gens Van B­re­da was hy steeds in ’n slaap­broek en die lug­ver­koe­ling was baie koud.

Malan het ge­sê die kan­toor was nie koud nie om­dat daar nie lug­ver­koe­ling is nie.

Toe die sta­sie­be­vel­voer­der Van B­re­da uit­ge­vra het, het hy wel ’n broek en T-hemp aan­ge­had.

Botha het Malan ge­vra of Van B­re­da van sy reg­te in­ge­lig is in die ge­sprek met die be­vel­voer­der. Malan het ge­sê dit was on­no­dig om­dat hy as ’n slag­of­fer be­stem­pel is.

Hy het ge­tuig kol. Da­mon Be­ne­ke, sy be­vel­voer­der, het Van B­re­da in sy kan­toor on­der­vra en hom (Malan) toe be­veel om Van B­re­da se ver­kla­ring af te neem.

Botha het Malan uit­ge­vra oor ver­skeie spel- en taal­fou­te wat Van B­re­da ont­ken hy ge­maak het.

Botha het toe op ’n vraag van die hof be­ves­tig dat hul­le nie die in­lig­ting in die ver­kla­ring be­twis nie, maar wel die ma­nier waar­op dit op­ge­stel is en dat Van B­re­da nie woor­de­liks aan- ge­haal is nie.

Malan het vol­ge­hou hy het pre­sies ge­tik wat Van B­re­da aan hom ge­sê het.

Botha het ge­sê sy kli­ënt het wel die fou­te raak­ge­sien toe hy die ver­kla­ring ge­lees het, maar hy wou so vin­nig moont­lik by die huis kom.

Malan het ont­ken dat hy aan Van B­re­da ge­vra het: “Hoe­kom? Is jy skul­dig?” toe dié wou weet of hy ’n pro­ku­reur no­dig het na­dat hy sy ver­kla­ring af­ge­lê het en dit moes on­der­te­ken.

Van B­re­da ont­ken hy het sy ou­ers, Martin en Te­re­sa, en sy broer, Ru­di, ver­moor en dat hy sy sus­ter, Mar­li, pro­beer ver­moor het.

Die bin­ne­ver­hoor duur van­dag voort.

Fo­to: JACO MA­RAIS

Sers. C­lin­ton Malan het Hen­ri van B­re­da se ver­kla­ring af­ge­neem op 27 Ja­nu­a­rie en voer aan hy is as ’n slag­of­fer be­han­del en nie ’n ver­dag­te nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.