Wa­lus: ‘Eers pa­rool en dán de­por­ta­sie’

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

Ja­nusz Wa­lus se Suid-A­fri­kaan­se bur­ger­skap is her­roep, maar hy kan eers ge­de­por­teer word wan­neer hy op pa­rool vry­ge­laat word, het sy ad­vo­kaat gis­ter in die ap­pèl­hof in Bloem­fon­tein ge­sê.

Wa­lus en wy­le C­li­ve Der­by­Le­wis het Chris Ha­ni, des­tyd­se lei­er van die SAKP, op 10 A­pril 1993 by sy huis in Da­wn Park, Boks­burg, ver­moor.

Die hof het gis­ter die ap­pèl van adv. Michael Ma­su­tha, mi­nis­ter van jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te, teen Wa­lus se vry­la­ting op pa­rool ná 23 jaar ag­ter tra­lies aan­ge­hoor.

Adv. Roe­lof du P­les­sis SC, na­mens Wa­lus, het ge­vra dat wan­neer die reg­ters be­sluit hul­le dit in ag moet neem dat Wa­lus nie meer Suid-A­fri­kaan­se bur­ger­skap het nie.

Ap­pèl­reg­ter Je­re­mi­ah S­hong­we het ge­vra of die her­roe­ping van Wa­lus se bur­ger­skap nie gro­ter re­de is om ver­sig­tig te wees nie. Du P­les­sis het ge­sê dit is juis ’n re­de om Wa­lus op pa­rool vry te laat so­dat hy die land kan ver­laat.

Adv. Ma­rumo Moe­ra­ne SC, vir die staat, het be­toog dat die hoog­ge­regs­hof in Pretoria se be­vel oor Wa­lus se pa­rool ter­sy­de ge­stel moet word.

“Die hoog­ge­regs­hof het ge­fou­teer deur nie die be­hoef­te om ’n on­der­skeid te tref tus­sen ap­pèl en her­sie­ning be­hoor­lik in ag te neem nie,” lui sy be­toog­hoof­de.

Moe­ra­ne het be­toog dat pa- rool nie ’n reg is nie.

“Die mis­daad was gru­we­lik. Daar­om het ons die erns van die mis­daad in ag ge­neem.” Uit­spraak is voorbehou. Ha­ni se we­du­wee, Limp­ho, het die ver­rig­tin­ge by­ge­woon.

Alex Mashi­lo, woord­voer­der van die SAKP, het ag­ter­na ge­sê hul­le is po­si­tief oor die be­toog wat in die hof ge­voer is.

“Ons is bly dat die ap­pèl­hof in ag ge­neem het dat daar baie fa­set­te aan dié saak is, on­der meer her­stel­len­de ge­reg­tig­heid.

“Die sluip­moord op Ha­ni het Suid-A­fri­ka by­na tot op die rand van ’n bur­ger­oor­log ge­bring. ’n Moor­de­naar, wat vol­gens sy siel­kun­di­ge ver­slae steeds haat koes­ter, bly ge­vaar­lik in ons sa­me­le­wing.”

Fo­to: EL­SJE DU TOIT

Limp­ho Ha­ni, Chris Ha­ni se we­du­wee, gis­ter in die ap­pèl­hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.