Mei­sie le­wend aan brand ge­steek

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die brand­won­de aan ’n ma­triek­mei­sie se lyk toon ie­mand het haar vas­ge­hou ter­wyl pe­trol oor haar uit­ge­gooi is, sê ’n brand­des­kun­di­ge.

Cyn­thia Mo­su­pi en S­ha­ron P­re­ci­ous Gu­gu Thwa­la het Boi­tu­me­lo Dla­mi­ni na be­we­ring op 18 Ju­nie 2015 van die E­let­sa Se­con­da­ry S­chool in Let­l­ha­bi­le in B­rits ont­voer.

Hul­le het glo in ’n stuk veld pe­trol oor haar ge­gooi, haar aan die brand ge­steek en weg­ge­jaag. Die twee vroue ont­ken skuld. Mo­su­pi het in ’n pleit­ver­dui­de­li­king ge­sê sy en Thwa­la wou Boi­tu­me­lo net skrik­maak so­dat sy haar af­fair met Mo­su­pi se kê­rel sou be­ëin­dig.

Hul­le het pe­trol oor haar ge­gooi om haar ’n les te leer, maar ie­mand in die na­by­heid het ’n si­ga­ret aan­ge­steek en Boi­tu­me­lo het vlam­ge­vat, voer hul­le aan.

Lui­dens die lyk­skou­ings­ver­slag is Boi­tu­me­lo dood weens 70% pri­mê­re en se­kon­dê­re brand­won­de oor haar lig­gaam.

Kol. Mar­thi­nus Jo­han­nes Bek­ker, be­vel­voer­der van die po­li­sie se brand­on­der­soek­een­heid, het gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Pretoria vir die staat ge­tuig die pe­trol oor Boi­tu­me­lo het ’n flits­brand ver­oor­saak.

In “’n breuk­deel van ’n se­kon­de” sou al die de­le van haar lyf waar­op daar pe­trol was, ge­brand het.

Hy het ge­tuig vol­gens kli­nie­se be­vin­dings het Mo­su­pi brand­won­de aan die ag­ter­kant van haar be­ne op­ge­doen, van haar bou­de tot bo haar en­kels, om­dat sy waar­skyn­lik in ’n re­fleks­be­we­ging van die vlam­me wou weg­kom.

Hy het ge­tuig fo­to’s en die lyk­skou­ings­ver­slag toon Boi­tu­me­lo het “di­rek­te vlam­me” en warm rook in­ge­a­sem, wat toon sy was le­wend toe sy ge­brand het.

Haar be­se­rings is hoof­saak­lik deur bran­den­de kle­re en pe­trol ver­oor­saak. Die erg­ste brand­won­de was aan haar kop, nek, bors­kas, arms, han­de, die sy­kan­te van haar bou­de en die on­der­ste deel van haar on­der­be­ne. Dít het meer ge­brand as bo en on­der die knieë.

Die re­de kan wees dat Thwa­la se arms om dié deel van die “te­ë­strib­be­len­de” Boi­tu­me­lo se be­ne was toe Mo­su­pi die pe­trol oor haar uit­ge­gooi het en daar dus nie pe­trol op dié deel van haar be­ne ge­kom het nie.

’n Vuur­hout­jie­do­sie ver­skyn op fo­to’s wat van die to­neel ge­neem is.

Bek­ker het ge­tuig ’n si­ga­ret is nie vol­doen­de om pe­trol aan die brand te steek nie. Dit moet deur ’n oop vlam en ’n vonk van ’n hoë tem­pe­ra­tuur aan­ge­steek word.

Die saak duur voort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.