Bos­well se o­li­fan­te mag nie Du­bai toe

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Dit is ak­ti­vis­te se skuld dat die toe­koms van sy vyf “af­ge­tre­de” sir­ku­s­o­li­fan­te nou on­se­ker is.

So het die sir­kus­baas B­ri­an Bos­well gis­ter ge­sê na­dat die hoog­ge­regs­hof in Pie­ter­ma­ritz­burg E­zem­velo KZN, die pro­vin­si­a­le be­wa­rings­o­wer­heid, die de­par­te­ment van e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling, toe­ris­me en om­ge­wing­sa­ke in K­waZu­lu-Na­tal en die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke ge­lyk ge­gee het dat Bos­well nie sy vyf A­fri­ka-o­li­fan­te na ’n die­re­tuin in Du­bai mag uit­voer nie.

Bos­well het in 2014 om die uit­voer­per­mit­te aan­soek ge­doen, maar die staat het ge­wei­er om die per­mit­te uit te reik.

Bos­well wou die o­li­fant­koeie vir R3 mil­joen elk aan die die­re­tuin ver­koop.

Bos­well het die hoog­ge­regs­hof ge­na­der om die staat te dwing om die uit­voer­per­mit­te uit te reik en om die nor­me en stan­daar­de vir die be­stuur en be­wa­ring van o­li­fan­te nie­tig te laat ver­klaar.

Reg­ter D­ha­ya Pil­lay het in haar uit­spraak ge­sê die re­ge­ring is ver­bind tot die nor­me en stan­daar­de vir die be­stuur en be­wa­ring van Suid-A­fri­kaan­se o­li­fan­te wat in 2008 ge­pro- mul­geer is.

In­ge­vol­ge daar­van mag geen Suid-A­fri­kaan­se o­li­fant na ’n “be­heer­de om­ge­wing” (soos ’n die­re­tuin) uit­ge­voer word nie.

Bos­well het ge­sê hy meen die nor­me en stan­daar­de is “bloot rig­ly­ne” en kan nie wet­lik af­ge­dwing word nie.

Hy het ook in hof­stuk­ke aan­ge­voer die nor­me en stan­daar­de is “ir­ra­si­o­neel en on­re­de­lik” en moet daar­om nie­tig ver­klaar word.

Die re­ge­ring het in hof­stuk­ke aan­ge­voer hy is ’n on­der­te­ke­naar van die kon­ven­sie oor die in­ter­na­si­o­na­le han­del in be­dreig­de spe­sies (Ci­tes) en mag daar­om nie in­stem dat per­mit­te uit­ge­reik word vir die uit­voer van A­fri­ka-o­li­fan­te na ’n die­re­tuin nie.

Pil­lay het daar­op ge­wys dat o­li­fan­te in aan­hou­ding vir die re­ge­ring ’n pro­bleem is en dat die nor­me en stan­daar­de juis in die le­we ge- roep is om die be­dryf te re­gu­leer. “Lui­dens die nor­me en stan­daar­de word die A­fri­ka-o­li­fant be­skou as ’n in­heem­se, be­dreig­de spe­sie en daar­om ver­dien hy na­si­o­na­le be­wa­ring­sta­tus,” het Pil­lay ge­sê.

Bos­well moet so­wel sy eie as die ver­de­di­ging se regs­kos­te be­taal.

Bos­well sê hy weet nie wat om nou met die o­li­fan­te te doen nie.

Dit kos hom glo ge­wel­dig baie geld om hul­le aan die le­we te hou.

“Ek sal dit nooit oor my hart kry om hul­le van kant te maak nie,” sê Bos­well.

Hy sê hul­le is al 35 jaar lank by hom en die ak­ti­vis­te moet die skuld daar­voor kry dat hul­le nie meer in sy sir­kus ge­bruik word nie.

“Ek sal maar ’n an­der uit­weg moet soek.”

Hy het ook nog nie be­sluit of hy teen die uit­spraak ap­pèl gaan aan­te­ken nie.

Mi­chelè Picko­ver van die EMS-stig­ting, ’n be­wa­rings­or­ga­ni­sa­sie, ver­wel­kom die uit­spraak en sê die re­ge­ring het tot die pro­mul­ge­ring van die nor­me en stan­daar­de vir o­li­fant­be­wa­ring ’n uit­ge­brei­de en de­mo­kra­tie­se pro­ses ge­volg voor­dat dit in die wet­boek ge­skryf is.

Fo­to: MARIO VAN DE WALL

Een van B­ri­an Bos­well se vyf o­li­fan­te wat nou af­ge­tree het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.