S­taat­ska­per Zu­ma se hou­vas op ANC laat SA ly

Beeld - - Komentaar -

Dit is ’n erns­ti­ge te­rug­slag vir die eens mag­ti­ge ANC dat weer eens klaag­lik mis­luk is om die s­taat­ska­per pres. Ja­cob Zu­ma uit die kus­sings te lig.

Dit po­si­si­o­neer die ANC nou prak­ties op sig­self as ’n ge­kaap­te be­we­ging – tot die diens van die staat­ska­pers in eie ge­le­de­re. Dit wil toe­ne­mend voor­kom as­of die kwes­sie van staat­skaping vir fi­na­le be­slis­sing na die kie­sers in 2019 ver­wys gaan word.

Die ANC is dui­de­lik in­tern mo­reel so ver­swak dat daar nie ’n sterk ge­noeg wil is om teen Zu­ma op te t­ree nie. Die­ge­ne wat persoonlike voor­deel uit staat­skaping kry – het­sy deur kon­trak­te of die reuk van s­plin­ter­nu­we amps­mo­tors se leer­sit­plek­ke – het reeds hul keu­se ge­maak. Persoonlike voor­deel van be­roeps­po­li­ti­ci tel s­ter­ker as die voor­spoed van die land en sy men­se.

E­ner­syds word dit al hoe dui­de­li­ker dat die mi­to­lo­gie van die ANC se so­ge­naam­de be­vry­ding­stryd tot voor­deel van ar­mes eer­der ’n rook­skerm vir self­ver­ry­king deur ’n nu­we mags­e­li­te was. An­der­syds hou die or­ga­ni­sa­sie se veterane vol dat sy stryd en ly­ding werk­lik was, maar in­tus­sen deur kor­rup­te in­di­vi­due on­der lei­ding van Zu­ma ge­kaap is.

Of die af­ge­lo­pe na­week se ver­ga­de­ring van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee wel die Zu­ma-kamp se greep ver­sterk het, sal in die ko­men­de maan­de ge­sien word. Dit sal op­ge­weeg word teen die moont­lik­heid van som­mi­ge aan­spra­ke dat dit eer­der nóg ’n be­lang­ri­ke ron­de was in die har­de stryd om hom hou vir hou te ver­swak. Daar sal ook ge­sien kan word of die uit­slag ANCLP’s se ge­drag gaan be­ïn­vloed na die een of an­der kant toe wan­neer ’n wan­trou­e­mo­sie in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring aan die or­de kom. En of dit ’n knou vir die re­de­li­ke mo­men­tum van adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se lei­ers­veld­tog is.

Die erg­ste ska­de is aan Suid-A­fri­ka en sy in­wo­ners. Die land se ge­loof­waar­dig­heid as vei­li­ge be­leg­gings­be­stem­ming kry die een te­rug­slag ná die an­der en ge­wo­ne Suid-A­fri­ka­ners be­taal die prys. Be­hoor­li­ke diens­le­we­ring vir ar­mes is op ’n laag­te­punt en dít op sig­self be­dreig die na­si­o­na­le sta­bi­li­teit meer as ooit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.