Jam­mer so min het ‘Tos­ca’ be­leef

Beeld - - Komentaar - Prof. An­dré de Villiers, Cen­tu­ri­on

Vry­dag­mid­dag be­sluit ons om na Tos­ca in die S­taats­te­a­ter te gaan kyk. Daar is vol­op kaart­jies be­skik­baar.

19:40 ry ons by die par­keer­ter­rein on­der die te­a­ter in. Daar is baie par­keer­plek en die vei­lig­heids­man help ons om die par­keer­geld te be­taal.

Die swart da­me wat ons in die hys­bak na bo be­ge­lei, is vrien­de­lik en be­hulp­saam. Sy praat goed A­fri­kaans.

Die S­taats­te­a­ter is ’n prag­ti­ge ge­bou met sy reu­se­kuns­werk wat met leer ge­maak is. Al­les is net­jies en die diens in die pou­ses is vrien­de­lik en goed.

Die op­voe­ring deur ’n a­ma­teur­groep met die P­re­to­ri­a­se Sim­fo­nie­or­kes is voor­tref­lik.

Die de­kor vir die drie to­ne­le is van hoog­staan­de ge­hal­te.

Die swart so­praan Lo­ve­li­ne Ma­dumo, as­ook die san­gers in die mans­hoof­rol­le, ver­tolk hul rol­le be­son­der goed. Die or­kes on­der lei­ding van die di­ri­gent Ger­ben Groo­ten speel fout­loos.

Feit­lik al die o­pe­ra­san­gers en or­kes­le­de is P­re­to­ri­a­ners. Ek dink hul­le is almal a­ma­teurs wat son­der be­ta­ling op­tree.

Die ap­plous in die half­vol te­a­ter is bui­ten­ge­woon waar­de­rend, want ’n mens is ver­stom oor wat dié be­son­der­se groep deel­tyds kon be­reik.

Ná die tyd is ons vin­nig by die par­keer­ter­rein uit en bin­ne ’n kwar­tier te­rug in Cen­tu­ri­on.

Na my me­ning is die S­taats­te­a­ter werk­lik ’n on­be­nut­te ju­weel. Hoe­wel ek nie ’n o­pe­ra­ken­ner is nie, dink ek op­voe­rings soos dié is nie ver ag­ter dit wat ’n mens in die Me­tro­po­li­tan in New York sou be­leef nie.

Die pu­bliek van Pretoria is waar­skyn­lik be­voor­oor­deeld om­dat die S­taats­o­pe­ra in die mid­de­stad ge­leë is. Dis wel baie vei­lig in die ge­bou.

Die he­le er­va­ring was vir die bie­tjie geld wat be­taal is be­son­der aan­ge­naam.

Jam­mer so min men­se het dit be­leef.

Lo­ve­li­ne Ma­dumo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.