Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Middelblad - – Ou Joe – Bur­ger, Van­der­bijl­park – Ger­rie – Al­bert – DB – S­tel – San­dals, Hoed­spruit – HH Ou­ma, Po­lo­kwa­ne – HH – Nic de Wet, Brum­me­ria – Eu­ge­ne, Piet Re­tief – S. van der Walt – Tyl Uil­spie­ël, Pretoria – Dup – Ina Young, Pretoria – DA Pi­ne – Eloi­ze An­na,

SMS’e kos R1,50 SMS’e met die naam en plek van die skry­wer kry voor­keur. SMS’e son­der ‘n naam of skuil­naam word nie oor­weeg nie. V Die mis­luk­king van die wan­trou­e­mo­sie is ge­noeg­sa­me be­wys dat NUK­le­de hul be­lan­ge be­skerm en staat­skaping be­vor­der. Die Zup­ta­ben­de se ba­tes moet ge­kon­fis­keer word om vir hul plun­de­ring te be­taal.

V’n Drin­gen­de be­roep op die eer­li­ke ANC­le­de, op­po­si­sie­le­de, A­friForum en So­li­da­ri­teit. As Zu­ma toe­ge­laat word om aan te bly tot in De­sem­ber, gaan dit te laat wees. Die kern­krag­kon­trak sal ge­te­ken wees. Die te­sou­rie, die SAUK, al­les in hier­die land sal aan hom en die Gup­tas be­hoort.

VMoe­nie nou vir Ja­cob Zu­ma ont­slaan nie. Ma­n­al­leen is hy be­sig om die ANC te ver­nie­tig. Baie be­ter as al die op­po­si­sie­par­tye saam.

VDie wan­trou­e­mo­sie het mis­luk, so Ja­cob Zu­ma en sy ka­ders is vei­lig. Hy weet te veel.

VDie staats­kas kan ’n hup­stoot kry met be­slag­leg­ging op ba­tes van die Gup­tas en dié van Ja­cob Zu­ma en sy fa­mi­lie en vrien­de.

VEk won­der of daar vir Ja­cob Zu­ma in Du­bai ook nou ’n hoen­der­hok en kraal ge­bou word. V Laat S­pur eers groot skerms in­stal­leer wat wys wat in die kom­buis aan­gaan met die kos­maak. In­dien nie, sterk­te vir die man­ne wat nog daar eet.

VJul­le wat die S­pur boi­kot, is klein­lik. Gaan eet by die plek van jul keu­se en hou op kla. Dit raak reg­tig ver­ve­lig. Ons eet heer­lik by die S­pur. Baie goeie kos en diens. –

VVer­geet van S­pur. Gaan eet by die Dros.

VMen­se be­sef nie hoe­veel in­vloed hul­le het nie. Dat Dirk Her­mann sê hy het sy ap­tyt vir S­pur se kos ver­loor, be­te­ken dat die ska­de reeds aan­ge­rig is. Po­li­tiek is ’n vuil spel.

VDie S­pur­boi­kot­ters se op­tre­de grens nou aan die ab­sur­de. Ton­nel­vi­sie is ’n aak­li­ge ding.

VDirk Her­mann, dit is ’n voor­reg om ’n brief van ’n in­tel­lek­tu­e­le per­soon soos jy te lees. Ek hoop Pier­re van Ton­der lees dit ook.

VAl­les is so stil oor Os­car. Is hy mis­kien in die ge­heim vry­ge­laat?

VSal ons mans nie ver­staan nie. Ons bly in ’n ge­vaar­li­ke land, maar hul­le gaan kyk bui­te as die hon­de blaf. Wees as­se­blief ver­sig­tig. Lie­wer bang as dooie Jan.

VVrou met glad­de vin­gers suk­kel om ID­boek te kry: Toe ek ver­le­de jaar vir my ID­kaart aan­soek ge­doen het, het hul­le om­trent ’n uur ge­suk­kel om my vin­ger­af­druk­ke te neem om­dat my vin­gers glo glad is. Ek ly aan geen seld­sa­me siek­te nie, maar het ge­du­rig re­de­lik warm koek­ of brood­pan­ne han­teer, wat, glo ek, die gleu­fies van my vin­gers glad ge­maak het.

VAl­bert, as jy glo dat God die aar­de in ses dae ge­maak het, dan glo jy se­ker ook dat die aar­de vier­kan­tig en plat is en op vier pi­la­re rus. Baie ge­skrif­te is sim­bo­lies.

VEk wou iets kwyt­raak oor die si­tu­a­sie in ons mooi land. Ek be­gin dink en my­mer en sa­ke be­peins. Toe be­gin ek tjank en kom ek ag­ter ek het niks te pra­te nie en moet maar net hoop din­ge gaan ver­be­ter!

VOns het die laas­te ruk ’n he­le paar blou­tjies ge­loop by 1 Mi­li­tê­re Hos­pi­taal. Dit sluit vyf uur se wag by on­ge­val­le in.

VDan­kie, vir die Prysbonanza met al die va­kan­sie­pry­se. ’n Mens droom met el­ke SMS. En kyk maar, dié keer gaan ek ’n va­kan­sie wen.

VPie­ter Koen se pro­gram Sa­ter­dae op kykNET is be­sig om in ’n kin­der­pro­gram te ont­aard. Kan ou­ers nie keer dat hul klein­goed so in­bel nie?

VDan­kie, RSG. Dank­sy Ba­lie, Ma­lie, Poen en Toe­kie het ek die mooie mu­siek van Ja­ca­ran­da ont­dek en Sa­ter­dag­og­gen­de Ra­dio 702 se mu­siek­pro­gram.

VDan­kie, Blou­wil­lem, nou ver­staan ek ook die spel wat hul­le ko­ning Rug­by noem so­veel be­ter.

VBlou­wil­lem, jy som dees­dae se rug­by so reg op. S­tel jou­self be­skik­baar om Kort­see te ver­vang.

VKan ek net weer die re­sep kry hoe om ’n ei­er te kook, as­se­blief? My ver­loof­de het my ver­laat.

Pieter Koen

S­pur­lo­go

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.