Dor­re aar­de in ’n lus­hof om­ge­to­wer

Beeld - - Middelblad -

Mag­ti­ge wa­ters vloei die dor­re land­skap in en vou soos ’n palm­tak in die hart van die K­gala­ga­di oop. So­mer­kra­ke in die ga­pen­de grond sluk gul­sig aan die wa­ter wat die won­de met la­fe­nis vul. So­ver die oog kan sien, swel wa­ter in die O­ka­van­go se are en word die hart van die K­gala­ga­di weer vol le­we.

Palms bring nu­we bla­re voort en rie­te wuif met nu­we ge­waad in die laat­so­mer­bries. Ri­vier­per­de dryf uit hul skui­lings na die oop wa­ter en kog­gel me­kaar met vrees­aan­ja­en­de bek­ke vir die bes­te sta­nings.

Ot­ters swem rug­kant on­der en peu­sel aan vars vis wat soos man­na saam met die nu­we wa­ter aan­ge­kom het. S­werms vo­ëls drup uit die he­mel neer en spat gre­tig in die nu­we wa­ter rond.

Die moe­ras se reu­se kom soos skim­me uit die dor­re mo­pa­nie­wê­reld na die aan­lok­li­ke nu­we wê­reld waar die aar­de ’n fees van nu­we le­we baar.

Met op­ge­won­de trom­pet­ge­skal sak die groot grys ly­we die wa­ter in. Slur­pe steek nuus­kie­rig bo die wa­ter uit en lees die wê­reld se geu­re­koe­rant: groen gras­se, palm­vrug­te, sap­pi­ge riet­bed­dings en knol­le wat blom maak om die ap­tyt ná die wa­ter­se­re­mo­nie te be­vre­dig.

Die vis­a­rend aan­skou die kin­der­li­ke ge­speel van­uit sy boom­pa­leis waar sy nes voe­ring dra vir die nu­we ei­er wat met die eer­ste koue win­de sal aan­kom.

Die bont­vis­van­ger hang op tril­len­de vler­kies bo die wa­ter voor hy die diep­tes in­pyl ag­ter klein vis­sies aan.

Op die ei­land lê die groot rep­tiel oop­bek in die son. Kie­wiet pa­trol­leer om die oer­dier en vang in­sek­te wat die kro­ko­dil pla. ’n Lik­ke­waan sluip skelm by groot­neef ver­by en plons die wa­ter in om vei­li­ger jag­plek te gaan soek.

Vin­ke hang soos goud­geel blom­me aan die palm­tak­ke en flad­der vler­ke vir die wy­fies se aan­dag. Op die ver­ga­ne boom sit wa­ter­skil­paaie soos sfink­se en bak hul plat­bord­ly­we warm in die son. ’n Ba­ber dryf lui-lui in die koel­te van die palm­bo­me en pik na wa­ter­hond­jies wat op die wa­ter draf.

’n Naal­de­ko­ker flits soos ’n veg­ter heen en weer. Die by­e­vre­ter duik op hom af en be­ëin­dig die lang­vlerk se aan­val met een swiep van die bek.

Oor die wa­ter­vlak­te kom ’n groot vo­ël aan­ge­vlieg. Sy kop draai dwars en die groot oë soek on­der die wa­ter waar die groot vin­ne skuil­hou. Die vis­a­rend sien die ge­vleu­el­de jag­ter, maar laat hom vir eers met rus, want sy krop bult nog van die og­gend se ba­ber.

Die vis­valk draai om en pa­trol­leer weer die ge­bied. Dan steek hy vler­ke ag­ter­toe, duik ver­bys­te­rend die wa­ter in met wa­ter wat ’n re­ën­boog sproei.

Met kop wat wa­ter weg­skud, styg die valk die wa­ter uit en dra sy vangs met ste­wi­ge kloue na die palm­bo­me.

Vis­a­rend gooi kop ag­ter­oor en kon­dig die mid­dag­uur aan ter­wyl die vis­valk sy prooi ver­skeur. Die son draai wes wan­neer ’n swerm nim­mer­sat-ooi­e­vaars met groot geel bek­ke op die bo­me land.

Die vis­ser­man se uit­hol­boom dryf rus­tig in die wa­ters rond ter­wyl hy ’n een­to­ni­ge deun­tjie sing. A­fri­ka, o my A­fri­ka . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.