‘Slim skool’ vir ar­mes

Leer­lin­ge ge­bruik net ta­blet­te

Beeld - - Middelblad - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

“As jul­le hier­die skool af­brand, gaan ek nie vir jul­le nog een bou nie.”

Met dié woor­de aan ou­ers van leer­lin­ge het Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys, die s­plin­ter­nu­we Si­nenhlahla P­ri­ma­ry S­chool in Ret­ha­bi­seng, Bronk­horst­spruit, gis­ter aan die ge­meen­skap oor­han­dig.

Die “slim skool” het on­der meer spe­si­a­le klank­dig­te mu­re wat ook hit­te bin­ne hou en son­pa­ne­le as al­ter­na­tie­we e­ner- gie­bron. Die dak is ge­ï­so­leer om e­ner­gie­ver­lies uit die ge­boue te ver­min­der.

Die skool is in die mid­del van ’n baie arm towns­hip. Die stra­te om die skool is grond­paaie waar­op boer­bok­ke ook loop.

Vol­gens Le­su­fi is dit al­les deel van ’n gro­ter plan.

“Ons leer­lin­ge sal on­der­wys van hoë ge­hal­te ont­vang. Hier sal hul­le leer om ’n in­ge­ni­eur, ’n mi­kro­bi­o­loog en veel meer te word. Hul­le gaan nie net leer hoe om om ’n staats­toe­laag aan­soek te doen nie. Die kin­ders gaan die land ver­an­der,” sê hy.

El­ke on­der­wy­ser het ’n skoot­re­ke­naar ge­kry wat hul­le gaan ge­bruik om hul les­se te be­plan. Die skoot­re­ke­naar kan met ’n groot e­lek­tro­nie­se slim­bord voor in die klas­ka­mer kom­mu­ni­keer. Die leer­lin­ge ge- bruik nie boe­ke nie, maar het ook elk ’n ta­bletre­ke­naar ge­kry.

“Geen leer­ling moet weer uit­hard­loop om die stof­fer skoon te maak nie. On­der­wy­sers kan be­ter klas gee, want hul­le sal nooit met bord­kryt suk­kel nie. Dit is al­les slim on­der­wys,” sê Le­su­fi.

Die ge­meen­skap hier is arm en die mees­te van die men­se is werk­loos. Daar­om hoef geen skool­geld be­taal te word nie.

“Baie u­ni­ver­si­tei­te in die land het nie sul­ke teg­no­lo­gie nie. Ons hoef nie sleg te voel oor waar­van­daan ons kom nie, ons is net so goed soos die top­sko­le ter wê­reld. Daar is niks wat jul­le nou keer om werk­lik ’n ver­skil te maak nie,” het Le­su­fi aan die kin­ders ge­sê.

“En aan die ou­ers, ek be­lo­we jul­le nou, as jul­le be­toog en be­sluit om die skool af te brand, sal jul kin­ders son­der ’n skool sit. Ek gaan nie weer een bou nie. Jul­le sal maar self ’n plan moet maak.”

Fo­to: SIM­VUY­E­LE MA­GE­ZA

Pa­ny­a­za Le­su­fi en ’n leer­ling doen saam ’n ak­ti­wi­teit op die ta­bletre­ke­naar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.