Tug­saak af­ge­han­del teen on­nie wat vloek

Beeld - - Middelblad - Han­nes Kru­ger

Die on­der­wy­se­res wat ver­le­de jaar glo ’n leer­ling ge­vloek en ver­skree het, se tug­ver­hoor is af­ge­han­del.

’n Vi­deo van die on­der­wy­se­res aan die Jep­pe High S­chool for Boys in Jo­han­nes­burg waar­in sy haar hu­meur ver­loor en op ’n leer­ling skree en hom vloek om­dat hy glo nie sy hand­boek en no­tas uit sy tas ge­haal het nie, is ver­le­de jaar op so­si­a­le me­dia ver­sprei na­dat dit op You­Tu­be ge­laai is.

Sy sê aan die leer­ling: “G*d, you are such an i­di­ot‚ I ha­ve to say to you‚ stop your s**t and work. Re­al­ly‚ w­he­re is your book? W­he­re are your no­tes? W­hat the f**k is it doing in your ca­se? Oh shut up, you i­di­ot‚ you can­not talk back be­cau­se you know you are guil­ty.”

Ou­pa Bo­di­be, waar­ne­men­de woord­voer­der van die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment, sê haar tug­ver­hoor is Don­der­dag af­ge­han­del. “Ons sal die uit­slag van die ver­hoor be­kend maak so­dra dit af­ge­han­del is.”

Hy sê die de­par­te­ment ver­oor- deel e­ni­ge “mis­dry­we wat leer­lin­ge en on­der­wy­sers se mens­waar­dig­heid on­der­myn”.

Chris Klop­per, uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se On­der­wy­sers­u­nie (SAOU), het vroe­ër ge­sê die ge­brek aan dis­si­pli­ne by sko­le maak dit so on­draag­lik vir on­der­wy­sers dat hul­le “dit soms ver­loor”. “Daar is so baie kon­teks wat in ag ge­neem moet word wan­neer on­der­wy­sers kwaad word vir leer­lin­ge. Die leer­ling se kant word dik­wels vin­nig ge­kies son­der dat die vol­le­di­ge be­son­der­he­de van die saak be­kend is,” sê Klop­per.

“Men­se dink dik­wels ’n on­der­wy­ser het nie die reg om on­ge­hoor­sa­me leer­lin­ge te straf nie. Daar is al­tyd ’n aan­loop tot so ’n si­tu­a­sie. ’n On­der­wy­ser sien nie net ’n kind raak en kry dan ’n uit­bars­ting nie. Daar is iets wat ge­beur het wat daar­toe ge­lei het,” sê hy.

Tim Gor­don, hoof van die Be­heer­lig­gaam­stig­ting van SuidA­fri­ka, het vroe­ër ge­sê die ge­drag van die on­der­wy­se­res is on­aan­vaar­baar. “Haar ge­drag gaan ge­vol­ge hê en sy be­hoort dit te weet.”

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.