‘In­bre­ker’ se skiet­dood on­der­soek

Beeld - - Middelblad - – E­li­se Tem­pel­hoff

Die po­li­sie in Van­der­bijl­park on­der­soek ’n moord na­dat ’n ver­meen­de in­bre­ker in ’n skie­te­ry in die woon­buurt SE3 dood is.

Sers. Ger­tru­de Mak­ha­le, po­li­sie­woord­voer­der, sê drie in­bre­kers het gis­ter om­streeks 11:00 by ’n huis in Fir­straat in­ge­breek en e­lek­tro­nie­se toe­rus­ting ge­steel.

’n Buur­man het glo die in­braak ge­sien en op die ver­dag­tes ge­skiet toe hul­le uit die meent­huis weg­ge­hard­loop het.

Mak­ha­le het be­ves­tig die po­li- sie het die buur­man on­der­vra. Sy wou nie die buur­man se naam be­kend maak nie.

Die ge­won­de man en sy mak­kers het daar­na in ’n C­hev­ro­let S­park weg­ge­jaag. Die be­stuur­der het be­heer oor die voer­tuig ver­loor en in Beef­wood­weg tot stil­stand ge­kom.

Die po­li­sie het hul­le na die to­neel ge­haas.

Die ge­won­de man is in die voer­tuig dood. Een ver­dag­te is ge­wond en in heg­te­nis ge­neem. Die der­de ver­dag­te het weg­ge­hard­loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.