Dan­s­pro­duk­sie ‘Ci­on’ ta­kel ver­skil­len­de soor­te vrees

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Dood wat ge­nor­ma­li­seer word in die sa­me­le­wing en die rol van ’n be­roeps­rou­be­kla­er is on­der die soek­lig in G­re­go­ry Ma­qo­ma se dan­s­pro­duk­sie Ci­on in die Mark­te­a­ter.

In die skoe­ne van To­lo­ki, ’n Za­kes Mda-ka­rak­ter, pak dié be­kroon­de en in­ter­na­si­o­naal­er­ken­de cho­re­o­graaf ook vrees aan.

Dit word tot 4 Ju­nie in die John Ka­ni-te­a­ter in die Mark­te­a­ter op­ge­voer.

“To­lo­ki is ’n pro­fes­si­o­ne­le rou­be­kla­er. Ek het ag­ter­ge­kom dood word so ge­nor­ma­li­seer, ek wou hê ons moet die deur­gangs­ri­te van die dood ont­hou. Ek wou ’n nar­ra­tief daar­voor skep.”

Ci­on is ook die ti­tel van Mda se boek waar­in To­lo­ki ver­skyn.

Mda het To­lo­ki in sy eer­ste ro­man, Ways of Dying (1995), aan le­sers be­kend ge­stel en toe maak hy weer in Ci­on in 2007 sy op­wag­ting.

“Ek het rond­om 2001 ge­wel­dig be­gin be­lang s­tel in Mda se boe­ke en dra­mas,” sê Ma­qo­ma.

“So vier jaar ge­le­de het die i­dee om To­lo­ki in dans uit te beeld by my pos­ge­vat. Daar is nog agt dan­sers saam met my op die ver- hoog. Hul­le almal is deel van die ge­meen­skap en help To­lo­ki se s­to­rie ver­tel.”

In die boek is To­lo­ki in ’n Suid-A­fri­kaan­se stad wat nie op die naam ge­noem word nie en dit speel af in die oor­gangs­fa­se in die Suid-A­fri­kaan­se geskiedenis.

“A­fri­ka-waar­des kry aan­dag. En in die pro­duk­sie wou ek (soos die boek) die u­nie­ke kul­tu­re van Suid-A­fri­ka be­lig. In Ci­on is dit tien jaar la­ter in To­lo­ki se le­we. Hy woon nou in A­me­ri­ka en ont­dek die s­to­rie van sla­we wat die voor­va­ders van ’n ar­moe­di­ge fa­mi­lie in die sui­de van die land is.” Dit is hier waar die vrees ge­ta­kel word. “Daar is ver­skil­len­de soor­te vrees wat uit­ge­beeld word,” sê Ma­qo­ma. “Daar is die vrees vir be­staan, gods­diens, die self en wie en wat ons ge­word het. Die wê­reld het dit wat ons ge­dink het dit sou wees, ver­an­der. Ons is slag­of­fers van vrees.”

Die mu­siek sluit in Ra­vel se “Bo­le­ro” en die stem­me van dan­sers van die Vuy­a­ni­dans­te­a­ter.

Ver­to­nings is Dins­dae tot Sa­ter­dae om 20:00 en Son­dae om 15:00.

Kaart­jies kos R70 tot R130. Be­spreek by Web­tic­kets.

G­re­go­ry Ma­qo­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.