Reg­stel­sel in to­neel­stuk be­vraag­te­ken

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man Ver­to­nings is Woens­dae tot Sa­ter­dae om 20:00 en Son­dae om 15:00. Kaart­jies kos R100. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

K­gosa­na T­hekwa­ne se be­kroon­de to­neel­stuk The Sy­stem maak weer ’n draai in die S­taats­te­a­ter in Pretoria.

In The Sy­stem word al­le stel­sels waar­aan die men­se on­der­werp word, as­ook ver­druk­king, on­der­soek.

Seip­he­mo Mots­wi­ri, die re­gis­seur, sê in dié stuk word sce­na­rio’s uit­ge­beeld wat taam­lik al­ge­meen in die he­den­daag­se Suid-A­fri­ka is.

Dit han­del oor drie mans wat vlug ná hul­le uit die tronk ont­snap het.

“Die mans se mis­da­de hou geen ver­band nie en die ge­beu­re voor hul aan­vank­li­ke in­heg­te­nis­ne­ming word ook uit­ge­beeld.

“Daar­na is hul on­der­skeie sa­ke ook nie deeg­lik on­der­soek nie.”

So is daar die een ge­val van ’n seun en mei­sie wat wees ge­laat word na­dat hul ou­ers weens MIV/vigs sterf. Die seun pro­beer om vir sy jon­ger sus­ter te sorg.

Hy word on­skul­dig in­ge­sleep by ’n mis­daad waar­by hy nie be­trok­ke was nie.

“Stel­sels laat men­se in die steek, maar wat ver­al in dié stuk be­lang­rik is, is dat men­se moet kan na­dink oor dié din­ge. Die ge­hoor word toe­ge­laat om te sê dít is hoe hul­le dit sien en hoe hul­le daar­oor dink. Goed word be­vraag­te­ken, din­ge waar­van ’n mens dalk nie eens be­wus is nie.”

Daar word klem ge­lê op ar­moe­de, ge­meen­skap­pe wat ge­buk gaan on­der mis­daad, on­ge­reg­tig­heid, verraad en vriend­skap.

Die stuk was die heel eer­ste keer by die Gau­teng­se Is­has­ha­la­zi-te­a­ter­fees op die plan­ke en daar­na in die S­taats­te­a­ter.

In 2015 is dit na die Na­si­o­na­le Kuns­te­fees in Gra­ham­stad waar dit met ’n S­tan­dard Bank O­va­ti­on-prys be­kroon is.

The Sy­stem is ook op­ge­voer in S­kot­land, die Va­nu­a­tu-ei­lan­de en in Zim­bab­we.

Die oor­spronk­li­ke rol­ver­de­ling, wat be­staan het uit Ke­di­bo­ne Y­vo­ne N­ko­si, I­ko­beng Mo­at­l­ho­di, James Mank­ga­ba, Sel­lo Frans Ma­e­pa en Xo­la­ni Dla­mi­ni is weer op die ver­hoog. )

Fo­to: MIHAELA BODLOVIC

The Sy­stem is van 31 Mei tot 6 Ju­nie in die S­taats­te­a­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.