Oud­mo­del se ro­man ver­skyn

Fan­ta­sie­tri­lo­gie in VSA uit­ge­gee

Beeld - - Kuns & Vermaak - El­re­tha B­ritz ‘Ne­vr­ha­da’

Die meet­snoe­re het vir Max­zell Lerm in lief­li­ke plek­ke ge­val. Meest­al.

Sy is mo­del­mooi, het op ’n jong ou­der­dom ’n groot deel van die wê­reld ge­sien, sy is in­tel­li­gent, kre­a­tief, wel ter ta­le en haar eer­ste boek, ’n meng­sel van we­ten­skaps­fik­sie en fan­ta­sie, is pas deur ’n A­me­ri­kaan­se uit­ge­we­ry uit­ge­gee.

Max­zell is die dogter van Hen­ri en Max­ie Lerm, ’n ge­wil­de bur­ge­mees­terspaar in die 1980’s in Bloem­fon­tein – hy was die bur­ge­mees­ter, sy ’n stads­raads­lid.

Die Lerm-dog­ters, Max­zell en haar i­den­tie­se twee­ling­sus­ter, Mi­rell, was leer­lin­ge aan Eu­ni­ce Gi­rls S­chool tot­dat die ge­sin in 2003 na Her­ma­nus ver­huis het waar die mei­sies in 2006 ge­ma­tri­ku­leer het. Toe t­ree die nood­lot in. “Ek sou ná skool reg­te aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad ge­stu­deer het. Toe word ek siek, maar ge­luk­kig het ’n sil­wer rand­jie om die trau­ma ge­skyn.

“In daar­die don­ker maan­de wat ek weens spon­di­li­tis (’n vorm van ar­tri­tis wat ook die or­ga­ne en vel aan­tas) aan ’n bed in hos­pi­taal­sa­le ge­kluis­ter was, het ek ’n lief­de vir skryf ont­wik­kel. Ek het fan­ta­sie­ka­rak­ters en wê­rel­de ge- skep wat my toe­vlugs­oord ge­word het, ’n ver­beel­dings­wê­reld waar­heen ek van pyn en die na­re werk­lik­heid van o­pe­ra­sies kon ont­snap.

“In dié tyd het ek ’n ro­man met mi­tie­se we­sens ge­skryf en vier kin­der­boe­ke ge­skryf én ge­ïl­lus­treer. Hier­na het ek ’n BA-graad in ta­le en let­ter­kun­de aan U­ni­sa be­haal en my fan­ta­sie-tri­lo­gie, Ne­vr­ha­da, vol­tooi. Vry­dag het ek die eer­ste boek in dié tri­lo­gie, Un­vei­led Se­crets, vir ko­pers ge­te­ken.”

Lerm sê sy het eers “die wa­ters in Suid-A­fri­ka ge­toets”, maar hier is nie ’n mark vir we­ten­skaps­fik­sie nie. Dan maar A­me­ri­ka pro­beer, het sy ge­dink, en was be­hoor­lik oor­stelp toe ’n uit­ge­wer daar dit aan­vaar het.

Die suk­ses het haar ver­der aan­ge­vuur. Sy skryf nou klip­hard aan ’n “na­el­skou-ril­ler” en ’n “hart­ver­skeu­ren­de” lief­des­ver­haal. “Al­bei sal ein­de van­jaar vol­tooi wees en ho­pe­lik vol­gen­de jaar ge­pu­bli­seer word,” sê sy.

Max­zell en Mi­rell se skoon­heid het op skool al die mo­del­a­gent­skap­pe ge­tref. Max­zell het toe reeds ver­skeie skoon­heids- en mo­del­werk­ti­tels ge­wen, in­slui­tend dié van naas­wen­ner as Mej. Aar­de Suid-A­fri­ka en as on­der­kle­re­mo­del vir T­ri­umph in Pa­rys, Frank­ryk.

“Ek was be­voor­reg om FHM Mo­dels in 2008 te wen en was ek­sta­ties toe ek se­wen­de ge­plaas is in FHM se 100 sex­y­ste vroue in Suid-A­fri­ka.”

Vol­gens haar het dit, as­ook die tal­le ver­sky­nings in TV-pro­gram­me en -ad­ver­ten­sies, tyd­skrif­te, koe­ran­te en ra­dio-on­der­hou­de, haar ’n an­der per­spek­tief op die le­we ge­gee.

Max­zell is ge­troud en woon saam met haar man aan die bui­te­wy­ke van Dur­ban­vil­le. Mi­rell is met ’n vo­ri­ge Mnr. Suid-A­fri­ka ge­troud en woon in Jo­han­nes­burg. Dié ver­haal, “vir jong vol­was­se­nes en aan­han­gers van Har­ry Pot­ter, T­wi­lig­ht en A­va­tar”, word soos volg op die ag­ter­blad van Un­vei­led Se­crets saam­ge­vat: “One Boy. One Gi­rl. Two he­arts. Two Wor­lds. One De­s­tiny.”

Die ver­haal volg Keith, wat Los An­ge­les ver­laat en in die Mid­del­eeu­se S­paan­se dor­pie San­til­la­na del Mar be­land. Skaars daar, be­tree hy die dorp se ge­heim­sin­ni­ge grot­te en ’n pa­ral­lel­le wê­reld be­kend as Ne­vr­ha­da.

Die on­be­ken­de, maar ver­al be­to­we­ren­de prinses De­so C­res­si­da trek Keith soos ’n mag­neet die diep­tes in tot­dat hy die on­ver­geef­li­ke fout maak om die ska­du­woud bin­ne te gaan. Gru­wel­ka­rak­ters peul o­ral uit en pro­beer wraak neem, maar Keith ont­dek ’n ver­steek­te an­tie­ke dor­pie waar hy nie net vei­lig is nie, maar ’n heg­te vriend­skap aan­knoop met Cla­ra, die hoof­man se dogter.

’n Be­perk­te op­laag van die eer­ste boek in die Ne­vr­ha­da- tri­lo­gie is reeds be­skik­baar en kan deur Max­zell se Fa­ce­book­blad, Max­zell Lerm fan­pa­ge, be­stel word.

Le­sers kan die e-boek-weer­ga­we aan­lyn af­laai by bit.ly/Max­zell of bit.ly/ MLerm.

Max­zell Lerm met haar fan­ta­sie Ne­vr­ha­da, wat nou in A­me­ri­ka ge­pu­bli­seer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.