SA kan voor­deel trek uit oor­se­se te­kort aan avo’s

Beeld - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker Groei­en­de vraag na a­vo­ka­do’s bied ’n ge­leent­heid vir Suid­A­fri­kaan­se boe­re. A­let Jou­bert

Die prys van a­vo­ka­do’s het in Mei sy hoog­ste vlak tot nog toe be­reik van­weë die sty­gen­de vraag daar­na, ge­paard­gaan­de met ’n te­kort aan voor­raad.

Ke­vin Lings, hoof­e­ko­noom van S­tan­lib, sê in ’n ont­le­ding­stuk Suid-A­fri­ka kan daar­uit voor­deel trek.

Mex­i­ko is ver­re­weg die groot­ste pro­du­sent van a­vo­ka­do’s en pro­du­seer meer as twee keer die ge­sa­ment­li­ke pro­duk­sie van die twee­de en der­de groot­ste pro­du­sen­te – die Do­mi­ni­kaan­se Re­pu­bliek en Pe­ru.

Mex­i­ko pro­du­seer agt keer so­veel a­vo­ka­do’s as die VSA, die wê­reld se se­wen­de groot­ste pro­du­sent.

Sy pro­duk­sie is ook om­trent 16 keer die jaar­lik­se pro­duk­sie van Suid-A­fri­ka, wat die 12de groot­ste pro­du­sent ter wê­reld is.

Lings sê in ag ge­no­me die oor­heer­sing van Mex­i­ko in die mark vir a­vo­ka­do’s is dit nie ’n ver­ras­sing nie dat die prys van a­vo­ka­do’s uit Mex­i­ko (spe­si­fiek Hass-a­vo­ka­do’s) al­ge­meen as maat­staf ge­bruik word.

Die VSA is die groot­ste in­voer­der van a­vo­ka­do’s – hoof­saak­lik uit Mex­i­ko – maar Ne­der­land, Frank­ryk, B­rit­tan­je, S­pan­je, Duits­land en Bel­gië tel almal on­der die tien groot­ste in­voer­ders van a­vo­ka­do’s.

Vroe­ër van­dees­maand het die prys van ’n 10 kg-kis­sie a­vo­ka­do’s van Mex­i­ko tot ’n hoog­te­punt van 580 pe­sos (so­wat R406) ge­styg.

Dit is ’n as­tro­no­mie­se 140% ho­ër as be­gin van­jaar en 152% ho­ër as die prys ’n jaar ge­le­de.

Die prys­ver­ho­ging is nog meer in­druk­wek­kend as dit in dol­lar om­skep word om­dat die Mex­i­kaan­se pe­so met 10% teen­oor die dol­lar ver­sterk het van be­gin van­jaar af.

Die sty­ging in die pry­se van a­vo­ka­do’s spruit uit twee fak­to­re.

Eer­stens is daar ’n da­ling in die aan­bod. Hit­te­gol­we en droog­te in Ka­li­for­nië het die pro­duk­sie van a­vo­ka­do’s daar ne­ga­tief ge­raak en dit gaan na ver­wag­ting met 40% tot 50% daal. Vloe­de in Pe­ru het daar­toe ge­lei dat ook dié land se oes­voor­uit­sig af­waarts aan­ge­pas is. Twee­dens vind die te­kort nou plaas te mid­de van ’n sty­gen­de vraag.

Ver­al die Eu­ro­pe­se ver­bruik groei ste­wig weens die ten­dens om ge­son­der kos te eet, ter­wyl ver­brui­kers in nu­we mark­te, soos C­hi­na en Tur­kye, ook ’n ap­tyt vir die vrug be­gin ont­wik­kel.

Som­mi­ge ver­brui­kers se ob- ses­sie met a­vo­ka­do’s word ge­sien in A­vo­ca­de­ria, die eer­ste a­vo­ka­do-re­stau­rant wat in A­pril van­jaar in Brook­lyn in New York ge­o­pen het.

In Suid-A­fri­ka word die mees­te a­vo­ka­do’s in Lim­po­po en M­pu­ma­lan­ga en se­ke­re de­le van K­waZu­lu-Na­tal ver­bou.

Die jaar­lik­se pro­duk­sie is so­wat 90 000 t tot 110 000 t, waar­van so­wat 40 000 t tot 50 000 t na Eu­ro­pa en B­rit­tan­je uit­ge­voer word.

Die res word plaas­lik ver­koop en so­wat 10% word ver­werk.

“Die kom­bi­na­sie van ho­ër in­ter­na­si­o­na­le pry­se te­sa­me met leef­styl­ver­an­de­rin­ge in­ter­na­si­o­naal wat die vraag laat toe­neem, toon Suid-A­fri­ka kan moont­lik sy a­vo­ka­do­p­ro­duk­sie ver­hoog en ad­di­si­o­ne­le voor­raad na Eu­ro­pa en C­hi­na uit­voer,” sê Lings.

van Net­werk24 het on­langs be­rig De­rek Don­kin, uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se A­vo­ka­dok­we­kers­ver­e­ni­ging (SAAKV), sê Suid-A­fri­ka kan voor­deel trek uit die si­tu­a­sie in die mark.

Hy sê Suid-A­fri­ka se groot­ste me­de­din­ger vir uit­voer na die Eu­ro­pe­se U­nie (EU) is Pe­ru. Dié Suid-A­me­ri­kaan­se land sal waar­skyn­lik te­kor­te in die VSA aan­vul, wat die vraag na a­vo­ka­do’s kan laat styg in die EU, wat Suid-A­fri­ka se ver­naam­ste uit­voer­mark is.

“Die af­ge­lo­pe twee maan­de se uit­voer het baie goed ver­loop vir Suid-A­fri­kaan­se boe­re. Plaas­lik styg die vraag na a­vo­ka­do’s ook.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.