Ver­lig­ting wink in Ju­nie by pe­trol­pomp

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Mo­to­ris­te gaan in Ju­nie moont­lik ver­lig­ting by die pe­trol­pomp kry.

“Die ver­wag­ting is dat die pe­trol­prys met tot 26c per li­ter kan daal en die­sel en pa­raf­fien met 20c per li­ter,” sê die Au­to­mo­biel As­so­si­a­sie (AA).

Vol­gens die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds se nuut­ste syfers is die oor­ver­ha­ling op 95ok­taan-pe­trol 22c per li­ter. Op 93-ok­taan­pe­trol is dit 26c per li­ter, en op die groot­han­del­prys van die­sel 20c vir al­bei gra­de.

Die da­ling in brand­stof­pry­se word ver­wag na­dat die rand in Mei meest­al ver­sterk het teen­oor die A­me­ri­kaan­se dol­lar.

Gis­ter het ’n dol­lar R12,94 ge­kos na­dat dit vroe­ër die maand selfs by R13,65 ge­draai het.

’n Groot deel van die oor­ver­ha­ling – met an­der woor­de met hoe­veel die prys sal daal in­dien dit nou vas­ge­pen word – kan ook aan die da­ling van in­ter­na­si­o­na­le o­lie­pry­se toe­ge­skryf word.

Die 13 le­de van die Or­ga­ni­sa­sie van Pe­tro­le­umuit­voer­lan­de (O­pul) en 11 nie­le­de het ver­le­de week in We­ne, Oos­ten­ryk, oor­een­ge­kom om 1,8 mil­joen va­te per dag min­der te pro­du­seer tot ein­de Maart 2018.

O­pul se be­sluit om sy pro­duk­sie­per­ke met ’n by­ko­men­de ne­ge maan­de te ver­leng, dui op die kom­mer on­der o­lie­pro­du­se­ren­de lan­de oor ’n voort­sle­pen­de oor­aan­bod van o­lie wê­reld­wyd, sê die AA. Vol­gens die AA kan dit lei tot ’n tyd­perk van re­la­tie­we prys­sta­bi­li­teit.

Plaas­lik sal die im­pak van die po­li­tie­ke ge­raas op die rand steeds ’n rol speel.

“Aan­ge­sien die plaas­li­ke po­li­tie­ke on­se­ker­heid waar­skyn­lik gaan voort­duur, is ons voor­uit­sig vir die brand­stof­prys op me­di­um­ter­myn dat la­er in­ter­na­si­o­na­le o­lie­pry­se be­lang­rik sal wees vir die hand­ha­wing van sta­bi­li­teit in plaas­li­ke brand­stof­pry­se in­dien die rand weer sou ver­swak,” sê die AA.

Mo­to­ris­te moet tot 2 Ju­nie wag voor­dat die brand­stof­pry­se vir Ju­nie vas­ge­pen word.

Die nu­we pry­se sal op 7 Ju­nie van krag word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.