No­kia 3310 nou in SA te koop

Beeld - - Sake -

Die No­kia 3310 is van gis­ter af in Suid­A­fri­ka be­skik­baar.

Die nu­we No­kia 3310 sal in don­ker­blou by Cell C be­skik­baar wees teen ’n prys van R749.

Vol­gens die maat­skap­py sal die foon mid­del Ju­nie by MTN se ven­no­te be­skik­baar wees. Dit sal in drie kleu­re te koop wees – rooi, geel en don­ker­blou – en sal R699 kos.

Dit sal ook mid­del Ju­nie by die aan­lyn win­kels van Cel­lu­ci­ty en Te­cno­mo­bi wees.

HMD Glo­bal het in 2016 die eks­klu­sie­we reg­te be­kom om vir die vol­gen­de tien jaar die Fin­se han­dels­naam te ge­bruik.

Die oor­spronk­li­ke No­kia 3310 is die eer­ste keer in 2000 be­kend ge­stel en het een van die ge­wild­ste sel­fo­ne in Suid­A­fri­ka en een van die suk­ses­vol­ste sel­fo­ne wê­reld­wyd ge­word.

Die nu­we No­kia is ver­le­de week in B­rit­tan­je be­kend ge­stel en het da­de­lik uit­ver­koop, be­rig MyBro­ad­band.

“Ons werk saam met ons ven­no­te en kan be­ves­tig dat die 3310 weer bin­ne­kort be­skik­baar sal wees – ons sal die be­son­der­he­de so gou as moont­lik be­ves­tig,” het No­kia Mo­bi­le ge­sê. ­ Niel Jou­bert

Die nu­we No­kia 3310.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.