Vind nu­we rol vir Mo­le­fe – ANC

Beeld - - Sake - News24 – News24 en Fin24

B­ri­an Mo­le­fe moet uit sy pos as E­s­kom­baas ge­skop word, maar sy vaar­dig­he­de moe­nie verlore gaan nie, is wat die ANC die na­week be­sluit het. Twee ANC­lei­ers wat a­no­niem wou bly, het gis­ter aan

ge­sê die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) het die na­week in Pretoria saam­ge­stem dat Mo­le­fe as uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom ver­wy­der moet word.

Vol­gens een van die ANC­bron­ne was die NUK dit eens dat Mo­le­fe se ta­len­te eg­ter nie verlore moet gaan nie. “Iets moet ge­vind word vir hom om te doen om se­ker te maak ons ver­loor hom nie,” vol­gens die bron.

Mo­le­fe het in No­vem­ber 2016 by E­s­kom be­dank na­dat sy naam ver­skeie ke­re ge­noem is in adv. T­hu­li Ma­don­se­la, vo­ri­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, se ver­slag oor staat­skaping.

Hy is daar­na vir drie maan­de na die par­le­ment as ANC­par­le­ments­lid, maar is van­dees­maand her­aan­ge­stel as E­s­kom­baas om­dat die re­ge­ring glo nie met hom oor­een kon kom om ’n pak­ket van R30 mil­joen vir vroeë af­tre­de aan hom te be­taal nie. E­s­kom se di­rek­sie het toe be­sluit om hom eer­der weer aan te s­tel, maar dit het tot ’n on­der­soek deur die de­par­te­ment van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, ’n par­le­men­tê­re on­der­soek, as­ook reg­stap­pe deur die DA en EFF ge­lei.

Die saak om Mo­le­fe se her­aan­stel­ling te keer, word op 6 en 7 Ju­nie in die hoog­ge­regs­hof in Pretoria aan­ge­hoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.