SA trek steeds be­leg­gings in ver­vaar­di­ging

Beeld - - Sake Nuus - El­vi­ra Wood

Die Suid-A­fri­kaan­se ver­vaar­di­ging­sek­tor het die po­ten­si­aal om 1 mil­joen pos­te te skep.

Dit kan wel net ge­beur met staat­steun so­dat dit min­stens 30% tot die bru­to bin­ne­land­se pro­duk (BBP) by­dra, sê An­dré de Ruy­ter, voor­sit­ter van die Ver­vaar­di­gings­kring.

In an­der ont­lui­ken­de mark­te dra die ver­vaar­di­ging­sek­tor dik­wels tot 30% van die BBP by – baie meer as die 13% tans in Suid-A­fri­ka.

De Ruy­ter was gis­ter een van die spre­kers in Wood­me­ad, Jo­han­nes­burg, waar die Ver­vaar­di­gings­kring sy jong­ste saam­ge­stel­de be­leg­gings­in­deks be­kend ge­maak het.

Die in­deks wys be­leg­ging in ver­vaar­di­ging het in die eer­ste kwar­taal van van­jaar ge­groei, maar daar is kom­mer oor die ef­fek wat ne­ga­tie­we sen­ti­ment in die toe­koms op be­leg­gings in die sek­tor kan hê.

Die in­deks het met vyf pun­te tot 63 ge­styg van die vier­de kwar­taal van 2016 tot die eer­ste kwar­taal van van­jaar. ’n Punt ho­ër as 50 dui op groei in be­leg­gings, ter­wyl ’n punt on­der 50 op krim­pen­de be­leg­gings dui.

Die Ver­vaar­di­gings­kring ver­wag dat be­leg­gings nog sal styg in die twee­de kwar­taal van van- jaar, maar nie teen die­self­de tem­po nie. Hy ver­wag ’n in­deks­punt van 65 vir die twee­de kwar­taal.

Die kring sê baie van die sa­ke­lei­ers met wie hy vir die in­deks ge­praat het, sê hul­le het ’n “wa­gen-kyk”-be­na­de­ring om te sien hoe die on­lang­se ver­la­ging van Suid-A­fri­ka se kre­diet­gra­de­ring die e­ko­no­mie gaan raak.

Hul­le sê hul­le sal in­dien no­dig be­leg­gings af­skaal.

De Ruy­ter sê dit is van kar­di­na­le be­lang vir die SuidA­fri­kaan­se e­ko­no­mie om be­leg­gings en die groei van die ver­vaar­di­ging­sek­tor aan te moe­dig.

“Dit is kom­mer­wek­kend dat ver­vaar­di­ging tans so ’n klein by­drae tot die land se BBP lewer, maar dit bied ook ’n reu­se­ge­leent­heid. As ons 1 mil­joen nu­we pos­te kan skep, sal dit ’n be­dui­den­de by­drae tot tal­le an­der sek­to­re lewer.”

Hy meen Suid-A­fri­ka moet daar­op fo­kus om ’n sek­tor te ont­wik­kel wat in­ter­na­si­o­naal kan mee­ding. Hy sê vir maat­skap­pye soos Nam­pak, waar­van hy die uit­voe­ren­de hoof is, is daar baie aan­lok­li­ke ge­leent­he­de in an­der lan­de om ver­vaar­di­gings­be­dry­wig­he­de uit te brei.

“In par­ty ge­bie­de word ons tot tien jaar lank vry­ge­stel van be­las­ting, wat nie die ge­val in SuidA­fri­ka is nie,” sê hy.

Fo­to: EL­VI­RA WOOD

An­dré de Ruy­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.