Oor­vloed ka­toen na die mark op pad

Beeld - - Sake Nuus - – Bloom­berg

’n S­tort­vloed ka­toen is op pad na die mark na­dat boe­re gro­ter aan­plan­tings ge­doen het ná ver­le­de jaar se hoë pry­se te mid­de daar­van dat C­hi­na be­sig is om van sy oor­maat stra­te­gie­se ka­toen­voor­raad ont­slae te raak.

In­ter­na­si­o­na­le pro­duk­sie in die sei­soen wat op 1 Au­gus­tus be­gin, sal 6,9% ho­ër wees, sê die A­me­ri­kaan­se de­par­te­ment van land­bou. A­me­ri­kaan­se boe­re, wat die groot­ste uit­voer­ders is, gaan na ver­wag­ting hul groot­ste oes in ’n de­ka­de hê, ter­wyl gro­ter oes­te ook in Aus­tra­lië en In­dië ver­wag word.

Boe­re het meer ka­toen ge­plant na­dat die pry­se van die ter­myn­kon­trak­te op ka­toen in 2016 met 12% ge­styg het. Ter­self­der­tyd is daar nog geen te­ken dat C­hi­na die ver­koop van sy staats­voor­raad van ka­toen ver­min­der nie.

Die groot voor­raad be­te­ken nou dat pry­se be­sig is om te val en van­dees­maand dalk die groot­ste da­ling se­dert Au­gus­tus vir een maand gaan toon. Ter­myn­kon­trak­te op ka­toen het in Mei met 7,75% ge­daal. C­hi­na kan nog die mark ver­ras as hy be­sluit om die kwo­tas ka­toen te ver­hoog wat ka­toen­meu­lens in­voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.