Fa­mous Brands: g’n di­vi­dend

Beeld - - Sake Nuus - Vi­da Booy­sen

Aan­deel­hou­ers van die re­stau­rant­groep Fa­mous Brands ont­vang van­jaar vir die eer­ste keer in 13 jaar nie ’n di­vi­dend nie.

Die groep, met re­stau­ran­te waar­on­der Wim­py, S­teers, De­bo­nairs Piz­za, Mugg & Be­an en Fis­ha­ways, het in die boek­jaar tot ein­de Fe­bru­a­rie heel­wat ver­kry­gings ge­doen, wat sy net­to wins van die vo­ri­ge jaar se R617 mil­joen tot die hui­di­ge R213 mil­joen laat val het.

Dar­ren He­le, uit­voe­ren­de hoof van Fa­mous Brands, sê die groep se se­we nu­we on­der­ne­mings, waar­on­der die B­rit­se Gour­met Bur­ger Kit­chen (GBK) wat hy in Sep­tem­ber ver­le­de jaar vir £120 mil­joen ge­koop het, lewer ’n so­lie­de by­drae tot die al­ge­he­le groei.

Dié aan­koop het eg­ter die groep se ren­te­uit­ga­wes na R132 mil­joen laat op­skiet na­dat dit in die vo­ri­ge boek­jaar net R7 mil­joen was. Dit kan toe­ge­skryf word aan die le­ning van R2,4 mil­jard wat Fa­mous Brands uit­ge­neem het om GBK te koop.

Vol­gens He­le was die aan­koop se tyds­be­re­ke­ning nie i­de­aal nie aan­ge­sien die tran­sak­sie teen ’n wis­sel­koers van R17,54/£ uit­ge­voer is, ter­wyl die rand kort daar­na ver­sterk het tot ’n vlak van R15,19.

Die ver­kry­ging van dié groep van so­wat 80 re­stau­ran­te het tot ’n ho­ër vlak van hef­boom­fi­nan­sie­ring vir Fa­mous Brands ge­lei.

“E­ni­ge groot ba­te wat jy in har­de kon­tant koop, sal maar teen ’n pre­mie ge­skied – maar ons het ’n lang­ter­myn­be­skou­ing en is te­vre­de dat die on­der­ne­ming baie goed vaar.”

Die in­kom­ste het met 33% tot R5,7 mil­jard ge­groei, en dit sluit GBK se by­drae vir 20 we­ke van die boek­jaar in.

“GBK is die groep se groot­se ver­kry­ging tot nou en lei tot trans­for­ma­sie van die sa­ke­mo­del,” sê He­le.

An­ders as sy Suid-A­fri­kaan­se on­der­ne­mings word die re­stau­ran­te in dié B­rit­se groep deur die maat­skap­py be­sit en nie deur fran­chi­se­ne­mers nie.

Be­dryf­sta­tis­tie­ke toon GBK pres­teer be­ter as die mark­ge­mid­del­de in B­rit­tan­je, sê He­le. Daar is nog nie plan­ne om die han­dels­naam na Suid-A­fri­ka te bring nie.

Aan die plaas­li­ke front was dit ver­al De­bo­nairs, S­teers, Fis­ha­ways en Mil­ky La­ne wat met dub­bel­sy­fer­groei ge­pres­teer het.

An­der han­dels­na­me soos Tas­has, Turn ’n Ten­der, Ne­tCafé, Cof­fee Cou­tu­re en Thrupps het ook groei ge­toon.

Vol­gens He­le kan dit hoof­saak­lik toe­ge­skryf word aan ’n spys­kaart wat voort­du­rend ver­nu­we word.

Die Suid-A­fri­kaan­se af­de­ling van die groep het dié boek­jaar 192 re­stau­ran­te ge­o­pen en 220 op­ge­gra­deer.

Vol­gens He­le het dié op­knap­pings vrug­te ge­dra.

“Ons let ook op dat ver­brui­kers­voor­keu­re ver­an­der. Tans vaar kits­kos­re­stau­ran­te ’n bie­tjie be­ter as die re­stau­ran­te waar men­se aan­sit om te eet, ter­wyl waar­de vir geld steeds kri­tiek is vir ver­brui­kers.”

In­ter­na­si­o­na­le han­dels­toe­stan­de bly taai en Fa­mous Brands se A­fri­ka-af­de­ling, wat sy Mid­deOos­ter­se be­dry­wig­he­de in­sluit, het in die oor­sig­tyd­perk net 17 re­stau­ran­te ge­o­pen teen­oor 33 in die vo­ri­ge boek­jaar.

Dar­ren He­le, uit­voe­ren­de hoof van Fa­mous Brands.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.