Ap­pèl mis­luk, CoAL kry wa­ter­li­sen­sie by Mak­ha­do

Beeld - - Sake Nuus -

Coal of A­fri­ca (CoAL) sê hy kan nou voort­gaan om sy Mak­ha­do­steen­kool­myn in Lim­po­po te ont­wik­kel na­dat sy wa­ter­li­sen­sie weer in wer­king ge­stel is.

Die li­sen­sie is op­ge­skort na­dat die V­hem­be Mi­ne­ral Re­sour­ces S­ta­ke­hol­ders’ Forum (VMRSF) ’n ap­pèl in­ge­dien het teen die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie se be­sluit om dit toe te staan.

Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne, mi­nis­ter van wa­ter­we­se en sa­ni­ta­sie, het die op­skor­ting van die li­sen­sie ná voor­leg­gings van die maat­skap­py in Mei 2016 en Fe­bru­a­rie 2017 ter­sy­de ge­stel, sê die maat­skap­py in ’n Sens­ver­kla­ring.

CoAL het in No­vem­ber nóg ’n saak ge­wen toe Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, die VMRSF se ap­pèl teen die wy­si­ging van die om­ge­wings­mag­ti­ging vir die pro­jek van die hand ge­wys het.

Die steen­kool­maat­skap­py het in Ju­lie aan­soek ge­doen om die ei­e­naar­skap van dié myn van hom na sy fi­li­aal Ba­o­bab Mi­ning and Ex­plo­ra­ti­on oor te dra.

CoAL se aan­de­le het gis­ter teen slui­tings­tyd 21,28% ho­ër op 57 sent op die JSE ver­han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.